Sirkel: Namakwaland
Tak: Vredendal
Studierigting: Leefstyl
Beriggewer: Sophie Malan
Datum: 22 April 2021

Die VLV van Vredendal vergader nou weer maandeliks, onderworpe aan streng Covid-19 veiligheidsregulasies.

Ina Pretorius het ‘n praatjie gelewer.Sy het vertel van ‘n egpaar wat ‘n kursus aanbied om in een dag ’n leunstoel te maak. Die aanbieders voorsien al die benodigdhede. Dit is harde werk. ‘Deelnemers is moeg, maar baie tevrede met hulle handewerk wanneer hulle klaar is’, Aldus Pretorius.

Elamie Fouchè, sekretaris van die tak, het gepraat oor wat die wintermodes inhou. Die modekleure hierdie winter is alle skakerings van bruin en pink. Stewels is gewild en rompe, truie, gebreide jasse en rokke is hoogmode. Groot oorbelle en handsakke sal uitrusting afrond. Denim sal voorkom in al sy gedaantes. Sy moedig lede aan om kwaliteit klere tekoop in plaas van swak gehalte wat na een seisoen se dra op die vullishoop beland.

Wat interieur betref, is grys met helderkleurige bykomstighede soos kussings, matte en tafellopers die neiging op die oomblik. Botaniese ontwerpe vir materiaal en muurpapier is steeds gewild en blomme is altyd welkom in die huis.

Elmarie Fouche en Ina Pretorius