Tak: Langebaan
Sirkel: Weskus
Studierigting: Landbou en Tuinbou
Beriggewer: Cynthia Huysamen

28 April – Annalie Strydom (Anni) word gegroet

Anni was voorheen Sameroeper van Landbou&Tuinbou en sy het vir ‘n redelike tydjie die verantwoordelikheid gedra saam met haar Voorsitterskap. Anni het haar VLV lidmaatskap in April vanjaar opgesê.
Anni sal verseker gemis word by Langebaan se VLV, maar sy woon en bedryf steeds haar besigheid op die dorp, so ons sal haar beslis nog baie te siene kry. Ons seënwense gaan uit na hierdie pragtige mens en haar gesin.

7 Mei – Landbou&Tuinbou hou BLOU vergadering

Riana Pienaar – Sameroeper, het gesorg vir ‘n kleurryke vergadering by haar huis. Almal moes iets blou aantrek en die een met die meeste blou, het ‘n prys gekry. Hettie Hauptfleish is natuurlik mal oor ‘n uitdaging en het gewen.