Tak: Langebaan
Sirkel: Weskus
Beriggewer: Cynthia Huysamen
Datum: 5 Mei 2021
Dis skielik winter en oral is daar truie en baadjies – gister was dit nog somer, maar gelukkig is daar pragtige blomme in die saal wat sommer ‘n warm gevoel skep.
Die dames van Leefstyl 2 was ons gasvroue en hul Sameroeper, Helmie (Poppie) Strumpher het vir ons die vergadering geopen.
Louna Niehaus, waarnemende Voorsitter, oorhandig pryse aan Corlia Basson (skryfkuns) en Marianne van Niekerk (bak en plaasprodukte) vir hul Konferensie-inskrywings.
Emma Fouché, lid van Langebaantak was ons spreker en sy het meer kom vertel oor die Voortrekker Monument, asook die kleredrag en leefwyse van die Voortrekkers. Emma het vir jare as gids opgetree en vra dat ons ons geskiedenis en ons taal moet bewaar. Sy het ‘n bietjie vertel van die kunsmuseum en raai ons aan om dit ten minste te besoek wanneer ons na die Voortrekker Monument gaan.
Baie Geluk aan Chrisna van Zyl wat die lootjie gewen het en aan Hennah Greeff vir haar kunstigheid met die takkompetisie; Snyblom: Uit jou tuin en Kunste: Maak ‘n blik bruikbaar.
En so gespuit, koors gemeet, ingelig en droë mond, sien ons uit na die volgende vergadering wanneer daar DALK ‘n teetjie bedien kan word.
Leave A Comment