Sirkel: Paarl

Tak: Wellington

Portefuelje: Opvoeding en Kultuur

Beriggewer: Karen Barnard

Datum: 22 April 2021

‘n Geheim of twee oor jou brein

Johan van Lill, geen onbekende op RSG, het in Wellington kom kuier.  Hy het vir ons kom vertel waar alles in jou lewe nou eintlik begin.

Elke persoon word met ‘n bepaalde breinpotensiaal gebore, maar dit maak slegs 20% uit van wie jy is en sal wees.  Die ander 80% word bepaal deur jou fisiese omgewing en al die invloede wat jou lewe help vorm.

‘n Paar interessante feite van die brein is:

  • Die brein hou nooit op groei nie
  • Die brein werk met herhaling
  • Die brein het interaksie nodig om te kan groei. Hier is sosiale interaksie belangrik.
  • Elke ontwikkelingsfase in jou lewe beїnvloed die brein. Breinpaadjes word tussen breinselle gevorm en is daar van geboorte af..  Die brein herbedraad homself egter met elke fase en verhouding wat jy in jou lewe het. Nuwe verhoudings sal nuwe breinpaadjies vorm.
  • Jou sintuie speel ‘n belangrike rol in sensoriese intelligensie. Geheue en die reuk-sintuig is  baie sterk gekoppel

Johan het ook ‘n paar wenke gegee hoe om die brein gesond en fiks te hou.

  1. Leer elke dag iets nuuts, want deur dit te doen sal die brein aanhou om nuwe breinpaadjies te vorm
  2. Leer ‘n nuwe taal. Taal integreer die hele brein.  Jy is nooit te oud om te leer nie
  3. Doen ritmiese aktiwiteite. Dit maak nie saak hoe eenvoudig of elementêr dit is nie.
  4. Kry iets om te versorg, bv. ‘n troeteldier of ‘n stokperdjie. Brei, hekel of macramé-werk is baie goed omdat dit die oorkruisaksie van die vingers vereis.  Dit hou die brein fiks en lewendig.  Sterrekunde is ook ‘n goeie stokperdjie om te hê.
  5. Verander jou omgewing so gereeld as moontlik. Skuif items om jou rond.
  6. Jou brein hou van roetine en ritme. Vind ‘n balans tussen roetine en verandering.
  7. Vra vrae en bly nuuskierig. Dit sal jou brein jonk hou.

Daar is nog so baie om te leer van die brein.  Dit is voorwaar ‘n veld wat ons dames nog baie wil verken en ontdek.

 

 

 

 

 

 

Johan van Lill

 

 

 

 

 

 

 

 

 

 

 

 

 

 

 

 

 

Heerlike tuisgemaakte produkte te koop.

Pragtige blommerangskikking