Sirkel: Weskus
Tak: Velddrif
Portefeulje: Landbou & Tuinbou
Verslaggewer: Cornelia van Dyk
Datum van gebeurlikheid: 21April 2021
Philip Scott van Scott’s kwekery op Vredenburg het raad kom gee om tuine weer mooi te maak vir die seisoen. Hy beklemtoon, dat elke streek sy eie klimaat het en plante wat inheems groei die beste opsie is. Elke soort plant is aangepas vir ‘n streek en dit bring ook mee dat die versorging soveel makliker is. Hy het bemesting en voeding verduidelik, asook hoe om insekte en fungus te behandel of te voorkom. Voëls kan gelok word deur soorte plante in jou tuin, en dit skep ook n rustige atmosfeer. Lede het baie vrae gevra wat toepaslik was vir elke tuin. Philip het vir elke lid bederf met ‘n pakkie voedingstof vir potplante.
Tuinmaak is die beste ontspanning in ‘n gejaagde lewe, al is dit ook in ‘n pot…
Philip Scott aan die woord
Die dames gesels met Philip oor hul tuine
Leave A Comment