Sirkel: Tygerberg
Datum: 28 April 2021
René Nel – Sirkelpresident, Sirkel Tygerberg
René het grootgeword in Parow-Noord, digby Kaapstad. Matrikuleer aan Hoërskool President, Vrijzee in 1974. Studeer grondslagonderwys aan Denneoord Kollege, Stellenbosch. Sy ontmoet haar man op ‘n troue in Brandvlei, Noord-Kaap. Hulle trou in 1977 en word geseën met 3 seuns en ‘n dogter en twee pragtige kleindogters.
Sy is gevorm in ‘n VLV huis. Haar ma, Wilma Hanekom, was ‘n volbloed VLV lid en so is die saadjie geplant. Sluit aan by Parow-Oos tak in 1979. Dien op bestuur van 1981. Raak voorsitter van De la Hay tak in 1990. Poste beklee in Sirkel Tygerberg is Sameroeper van Tuisteskepping, Gesondheid en Kunste en Handvlyt asook Vise-Presidente, maar ‘n besondere voorreg is om Voorsitter van De la Hay tak te wees vir 30 jaar.
Sy gee onderwys vir die laaste 25 jaar en leef haar passie ten volle uit. Elke dag was ‘n uitdaging met groot bevrediging.
René het ‘n positiewe uitkyk op die lewe. Sy deel graag haar VLV kennis uit aan vroue en spoor hulle aan om in hulself te belê. Sy is lief vir kosmaak, resepte uittoets, blomme rangskik, mooi musiek en ballet.
“VLV is vir my die ‘universiteit’ van die lewe. Nêrens kan enigiemand so verryk word deur vaardighede, mensekennis en ondervinding op te bou nie”
Leave A Comment