Tak: Langebaan

Sirkel: Weskus

Beriggewer: Cynthia Huysamen & Elaine Marais

Datum: 15 April 2021

 

Algemene vergadering gehou op 14 April 2021 te Beacon Kerk, Langebaan.

Na ‘n jaar sonder algemene vergaderings, was dit baie lekker om uiteindelik weer bekende gesigte en VLV-dinge te beleef al het die dreigende 3de vlaag van die epidemie die bywoningsgetal beinvloed.

Ons is dankbaar vir ons gesondheid en samesyn, al het ons die tee en gesels gemis.

Annalie Strydom (voorsitter) se motorongeluk het ons almal geruk en sy het nog baie pyn, maar met geloof en gebed, sal sy weer volkome herstel.

Ons medelye is met elke lid wat ‘n geliefde tydens die afgelope twaalf maande aan die dood moes afstaan.

Vanaf die Sirkel: Rouxleen Moran het eerste prys verower met haar Ierse Hekelwerk wat deurgaan na die Kongres in Augustus.  Corlia Basson se skryfkuns het ‘n tweede plek behaal.  Baie geluk aan albei dames!  Langebaan het ‘n algehele 4de plek in die kompetisie behaal.

Estelle du Plessis open met ‘n pragtige aanhaling van die skrywer Chris Barnard en ‘n mooi vergelyking van vroue uit die Bybel, asook die vergelyking van vroue in geure. Vroue  kan in hierdie tyd ‘n geur vir ander wees. Sy steek ook ‘n kers aan vir elke vrou wat in hierdie COVID-tyd haar lig vir ander laat skyn.

Estelle du Plessis word gelukgewens met haar verkiesing as VLVK-President. Dit is vir die Langebaan-tak ‘n groot eer en sy word sterkte toegewens met die groot taak wat voorlê.

Melaine Brand, vanaf die Aurora-tak oorgeplaas, word as nuwe lid verwelkom.

 

 

 

 

 

Estelle du Plessis neem namens die tak afskeid van Suzette Hougaard wie na Tulbagh verhuis.

 

 

 

 

 

 

 

 

 

Annalie Strydom oorhandig haar Landbou-en Tuinboubalkie aan Riana Pienaar.

Die 5, 10,15 en 25-jaar Kentekens word aan diegene teenwoordig oorhandig.

  • Dirkie van Schalkwyk – Sameroeper van ons gasvroue, Openbare Sake, staan tussen Jovita Southey en Birgi Oosthuizen by die donasie en lootjie-tafel.

Spreker:  Elaine Marais:   China

Elaine vertel ‘n bietjie van haarself en hoe sy bevoorreg was om by familie wie 4 jaar in China gewoon het, te gaan kuier. Sy gee kortliks statistiek oor die grootheid van China en vertel dan van haar ervarings en insidente tydens haar besoeke aan China. Sy wys ‘n klomp fotos wat elk sy eie storie vertel. Verder gee sy vir die lede inligting oor hoe om hul pêrels te versorg en hoe om hul pêrels te toets vir egtheid.