Sirkel: Kalahari

Tak: Vryburg

Studierigting: Leefstyl

Beriggewer: Nellie Viljoen

Datum: 21 April 2021

 

Lede deel hul vaardighede met Vryburg VLV.

Marietjie Steyn en Dorette Visser

 Dorette Visser stal haar leerhandsakke uit en deel haar geheime om ‘n goeie eindproduk te verseker. Alles word met die hand gedoen.

Dorette se handsakke

Marietjie Steyn demonstreer hoe vleispasteitjies op groot skaal gebak kan word en deel haar resep met lede.

Vleispasteitjies                               

Deeg:

1,4 kg koekmeel                               5 ml sout

5 ml kremetart                                   500 g Wooden Spoon margarien (wit of geel)

625 ml yswater                                 4 groot eiergele

60 ml wit asyn

Sif droë bestanddele saam. Rasper margarien in meel en meng liggies. Klits eier, water en asyn, meng met meel. Voeg klein bietjie water by as deeg te styf is om mooi bal te vorm.

 

Marietjie aan die werk

 

Deel in 4 en plaas in afsonderlike plastieksakkies. Vries wat nie dadelik gebruik gaan word nie. Laat deeg wat gebruik gaan word oornag in yskas. Rol dun uit op meelbestrooide area en sny in reghoek. Plaas rolletjies vleis 2 cm vanaf die kant op die deeg. Vou deeg oor vleis sodat dit op die res van die deeg rus. Sny deeg af 2 cm vanaf vleis. Smeer met water en rol op. Sny in 5 cm lengtes en plaas op gesmeerde bakplaat.  Herhaal proses tot vleis klaar is.

Res van deeg kan gevries word vir latere gebruik. Laat oornag ontdooi.

Wooden Spoon margarien werk die beste. Dan is deeg meer elasties.

 

Vleismengsel:

2 kg maer maalvleis                                     1 pakkie bruin uiesop (of ander geure)

25 ml steak-en-tjops speserye                   15 ml Ina Paarman suurlemoen-en-peper

2 klein uie, gerasper                                    3 medium aartappels, gerasper

Meng bestanddele saam. Voeg bietjie water by om dit meer losser te maak. Plaas mengsel in skinkbord, druk plat en sny in stroke ongeveer 2 cm wyd oor hele skinkbord. Dit vergemaklik die uithaal. Laat staan vir paar minute voor gebruik. Druk met eierspaan in kleiner hanteerbare stroke. Plaas op uitgerolde deeg soos uiteengesit in deegresep. Verhit oond vooraf. Plaas op bakplate/panne en bak goudbruin by 200 ºC in konvensionele oond.

Kan ook in konfeksieoond vir 25 min by 190 ºC gebak word (voorverhit oond).

Aangesien aartappels op groot skaal in die distrik verbou word, het die tak dit goed gedink om ‘n boekie met meer as 70 resepte saam te stel. Dit is deel van die tak se projek om plaaslik te koop.

Aartappels: Gesondheid uit die grond uit (saamgestel deur Vryburg VLV)