Sirkel: Tygerberg
Tak: De la Haye
Portefeulje: Kunste En Handvlyt vergadering
Beriggewer: Elizabeth Joseph
Datum: 11 Maart 2021
Dit is ons eerste vergadering waar ons weer bymekaar kan kom. Almal is so bly om mekaar weer te kan sien, maar nogsteeds dra ons ons maskers en hou ons by Covid reëls.
Tydens ons Maart-byeenkoms het Marna de Kock, met die hulp van Surene Esterhuizen, vir ons ‘n demonstrasie gedoen van verskillende knope en tegnieke vir ons Macramé-muurbehangsel. Ons het ook ‘n paar video’s gekyk oor knoop tegnieke. Almal was baie geïnspireerd om macramè te probeer.
Lede wat nie die vergadering kon bywoon nie het via Zoom ingeskakel. So was hulle ook deel van ons byeenkoms.
Verwelkoming
Almal hard besig om hul knope te oefen
Leave A Comment