Sirkel: SWD
Tak: Voëlvlei
Portefeulje: Kunste En Handvlyt
Beriggewer: Ada Gericke
Datum: 20 April 2021
VLV VOëLVLEI geniet Kuns en Handvlyt
In baie aangename en vrolike gees het die dames van die VLV gedurende hul Aprilvergadering meer geleer oor handvlyt en het ook verskillende vorms van kuns geniet.
Joma Meyer het gedemonstreer hoe om vorms (moulds) uit silikon te maak, terwyl Cathy Klaassen die mooiste kunswerk in kwilt vertoon het.
‘n Video deur studente van die Oakfields College for Performing Arts het almal se asems weggeslaan. Joma se kleindogter as hoofdanseer, en haar groepie, het deur die simboliek van dans uitgebeeld hoedat onsekerheid oor wie jy is, onnodig is en dat jy uniek is, jou lig moet laat skyn en mag wees wie jy is, sonder om jouself met ander te vergelyk.
Die weninskrywing van verlede jaar se woordkuns vir die VLV se sirkelkonferensie, naamlik ‘n tweespraak tussen ouma en kleindogter is entoesiasties voorgedra deur Reeva Pienaar, Andriesha Radyn en Ada Gericke.
In ‘n insetsel deur Johlene Muller, sameroeper vir landbou, is interessante feite oor bye oorgedra. Dat ‘n byekorf van tussen 50 000 en 80 000 bye 2 miljoen blomme se nektar nodig het om net 500 gram heuning te vervaardig, is voorwaar ‘n bewys van hoe hard bye moet werk!
Die kompetisies van die dag het die allermooiste foto’s van blou berge, besondere geverfde slaailepels asook pragtige (in hedendaagse Stellenbosch Afrikaans) “pullaway” koeke van “cupcakes” opgelewer. Die dames is voorwaar baie talentvol!
Knopies vir lang diens is oorhandig aan Andriesha Radyn, Ina van Zyl, Mien Naudѐ en Kobie de Bruin.
Diensjaarknopies: Andrieshia Radyn, Ina van Zyl, Mien Naudè, Kobie de Bruin
Dialoog: Reeva Pienaar, Ada Gericke, Andrieshia Radyn
Joma Meyer besig met demonstrasie
Vorm van vissie – druk enige vorm in die silikoon wat voorberei is
Leave A Comment