Sirkel:  Overberg

Tak: Hermanus

Portefeulje:  Leefstyl

Beriggewer: Diana Lambrechts

Datum: 14 April 2021

 

Sedert   Maart 2020 het Hermanus geen Algemene Vergaderings met ‘n spreker gehad nie en daarom was dit vir die dames heerlik om op 14 April 2021 na Marie du Toit, eienaar van Browzone Skoonheidsalon te luister.

Covid regulasies is streng gevolg, stoele mooi ‘n meter uit mekaar geplaas en almal  was gemasker.

Marie is reeds 21 jaar in die bedryf en sy gee ‘n kort opsomming van haar lewe, wat soms baie traumaties was.  Sy is ‘n Christenvrou en glo in die boodskap van liefde.

Haar tema is, Wie is ek as vrou? Dit is baie belangrik dat jy te alle tye goed moet voel oor jouself, vroue dra die vrug van liefde en gee die geur af aan ander.   Ouderdom is slegs ‘n nommer.

Die salon bied permanente grimering, teenverouderings behandeling, haarsorg, naels, masserings en refleksologie aan. Marie glo aan werkskepping en die salon bied werk vir ‘n hele groep dames, wat elkeen spesialiseer in haar eie rigting.

Refleksologie word beskou as ‘n tipe mediese terapie. Sekere punte onder die voete word met energie lyne aan dele van die liggaam gekoppel. Voete is vir haar baie  belangrik en dit is dan ook haar spesialiteit. Sy voel dit is passievol om by iemand se voete te sit terwyl sy die voete bewerk en so ‘n verhouding met die klient op te bou. Die was van voete was reeds ‘n belangrike ritueel in die Bybel.

Voete dra jou letterlik deur die lewe en daarom moet jou voete baie gereeld behandel en getroetel word. Gebarste hakke kan veroorsaak dat jy skeef loop en dit kan rug en knie probleme veroorsaak. Tussen die tone moet te alle tye goed afgedroog word en die toonnaels moet onder droog gehou word. Eelte en liddorings kan baie pynvol wees.

Een van die vrae aan haar was, hoekom bars een hak soms meer as die ander? Dit word veroorsaak deur die gewig wat meer op die spesifieke hak gedra word a.g.v die manier waarop jy loop.

Die dames het deelgeneem aan die tak-kompetisies en die produkte is met trots uitgestal

 

 

 

 

 

 

 

Marie du Toit

Lede luister aandagtig.

 Gebottelde produkte

 

 

 

 

Kompetisie: gebakte korslose melktert