Sirkel: Weskus

Tak: Velddrif

Datum van gebeurlikheid: 21 Maart 2021

Die vergadering word gelei deur die Tesourier, Jackie Coetzee aangesien die Voorsitter, Lin Smit ‘n Covid toets gehad het en wag op die uitslag.

Sy verwelkom al die lede teenwoordig en is bly om almal weer ná ‘n jaar se afwesigheid bymekaar te sien.

In die toekoms sal die vergaderings anders geskied a.g.v. die pandemie. Lede sal op ‘n afstand van mekaar moet sit; geen tee/koffie of eetgoed mag bedien word nie; lede bring hul eie pen om in te teken en almal moet maskers dra. Die persoon wat voor staan en praat, mag wel haar masker afhaal omdat sy 1.5 meter van die gehoor staan.

Op elkeen se stoel is vir haar ‘n pakkie wat hul mag saam neem om by die huis te gaan geniet.

Daar is ook hulde bring aan dié persone wat deur die virus getref was en ook familie of vriende verloor het. Gina Smit se dierbare vriendin, Karen Bredenkamp was ’n slagoffer van die virus.

Onthou… ons het elkeen net één kans. Wat gaan jy daarmee doen?

Die Bestuur het PPE klere gedra om elkeen te herinner aan die COVID protocol.

Bestuurslede met PPE kleredrag