Sirkel: Middelland
Tak: Aberdeen
Portefeulje: Gesondheid
Beriggewer: Lea van der Vyver
Datum: 14 April 2021
Aberdeen VLV vergader op 14 April 2021 in die klubsaal op die dorp, aangesien daar tans geen Covid-19 gevalle in die distrik is nie. Lea van der Vyver verwelkom lede en ń paar gaste. Een nuwe lid, Magriet Haasbroek, sluit aan. Adele de Jager (Saamroeper Gesondheid) open met gedagtes uit die Woord dat ons op ware skatte met ewigheidswaarde moet fokus, nie op materiële dinge nie.
Die studierigting vir die dag is Gesondheid met die fokus op noodhulp – wat doen jy in die “goue uur” terwyl jy wag vir nooddienste om op te daag? Relay EMS van Graaff-Reinet se Noodhulp Instrukteur, Solly Luyt en “Advanced Life Support Paramedic”, Raen Rathbone, doen ń aanbieding en demonstrasie. Fraktuur en bloeding is die mees algemene noodgevalle wat voorkom en daar word gedemonstreer hoe om bloeding te beheer, aangesien dit van uiterse belang is. Lede vra vrae en leer prakties om mond- tot- mond asemhaling (“CPR”) toe te pas. Brandwonde word ook bespreek – dit is belangrik om koue water oor die hele area te laat loop om die wond af te koel terwyl daar gewag word op hulp.
Annalie Lategan word gelukgewens met haar verjaarsdag en gas Lizemari Jordaan wen die gelukkige trekking van die dag.
Foto 1: Agter vlnr: Jean Watermeyer, Marché van der Merwe, Elna van Niekerk, Luise de Jager met Luca, Karin Pienaar, Magriet Haasbroek, Adele de Jager, Heidi Lombard en Annalie Lategan
Voor vlnr: Raen Rathbone en Solly Luyt van Graaff-Reinte Relay EMS, Elise Steynberg, Lea van der Vyver en Elsa Featherstone
Foto 2: Solly Luyt demonstreer op Raen Rathbone hoe om bloeding onder beheer te kry
Foto 3: Raen Rathbone doen CPR demonstrasie
Foto 4: Selfs die jonges onder ons vind dit baie interessant en leersaam!
Foto 5: Lede oefen prakties die CPR – voor links is Elna van Niekerk
Foto 6: Proteas op die tafel
Leave A Comment