Sirkel: Weskus
Studierigting: Gesondheid
Beriggewer: Cynthia Huysamen
Datum: 7 April 2021
Projek: Sirkel Weskus reik uit na Gesondheidswerkers
Die VLV (Vroue Landbouvereniging), Sirkel Weskus se Langebaan Tak, bederf gedurende 2021 hul Gesondheidswerkers.
Op Woensdag 7 April het hul groep, KUNSTEenHANDVLYT, pakkies uitgedeel aan die personeel van LANGEBAAN KLINIEK en ons sê baie dankie aan Dr. Jason Julies en die personeel dat hulle ons en ons pakkies so vriendelik ontvang het.
Op foto v.l.n.r. Cynthia Huysamen, Nienkie Goussard en Carla Snyman.
Daarna is ons na PATHCARE waar Karlien van Rooyen en Everentia Meissenheimer vir twee minute kon stilstaan vir ‘n foto.
Regs is Ria Nagel, VLV Sameroeper vir Kunste & Handvlyt, Langebaan Tak.
Leave A Comment