Sirkel: Noordoos-Kaap – NOK

89ste Konferensie / Damesdag

Beriggewer: Antoinette van Pletzen

Datum: 27 Maart  2021

 

89 th Annual Conference /Women’s Day of the WAA in Circle North Eastern Cape held in Molteno

On Saturday 27 March 2021 the Cape Women’s Agricultural Association in North Eastern Cape held its 89th annual Conference in the Molteno Methodist Hall. More than 40 Delegates from Dordrecht, Lady Grey, Queenstown, Sterkstroom, Ugie, and of course Molteno attended and were enriched! The keynote speaker was Rev. Dr Daniël de Kock from Cape Town, a well-known and much acclaimed motivational speaker, psychologist, photographer, businessman, chef  and entrepreneur. Using the theme “Invest in Women” he urged everyone to never stop dreaming. Lead by the power of example; not by the example of power (Joe Biden).  Your life must not be determined by your situation, but by how you react. Take a chance, make a choice, and change your life forever.

Jy is nie wat jy DINK jy is nie – Jy is wat jy DINK!!! Moenie bang wees om ‘n fout te maak nie – so leer jy. Ons is gepla oor ons voorkoms. Wees eerder bekommerd oor jou geestelike en emosionele welstand. Jy moet integriteit hê – jou ja moet jou JA wees, en jou nee,NEE. Kommunikasie is belangrik.  Dit wat jy sê moet rég gehoor word. Wees plooibaar. Dis nie meer nodig om dinge op die ou manier te doen nie. Daar sal beslis ‘n kortpad wees! Konsentreer op jou goeie punte. Bou voort op wat jy goed kan doen, en moenie dinge doen om mense te beïndruk nie. Pak alles met entoesiasme aan. If you don’t have a target, don’t expect to hit anything. Moenie koop wat jy nodig het nie – koop waarsonder jy nie kan klaarkom nie.

Vergewe en word vry. Onvergewensgesindheid steel jou vreugde. Dit sit om in onvergenoegdheid en selfbejammering. Waardeer en geniet jou man/vrou, kinders, ouers, kleinkinders, ens. Jy weet nie hoe lank julle nog mekaar sal hê nie. Kweek deursettingsvermoë. Winston Churchill het gesê “Never, never, never give up!”. As ‘n probleem opduik, moenie paniekerig raak en aanvalle kry nie. DOEN  iets daaromtrent!

A Wattle Tree was donated to the Molteno Methodist Church to plant in their garden, as WAA always donates a tree to the hostess branch. Rae Andrews ( Molteno) received her 60 year badge and was also the WAA Thank You Person for the year. She was handed a certificate of appreciation and flowers. Her daughter Nita de Wet, was the WAA Community Thank You Person, and also received a certificate of appreciation and flowers. Antoinette van Pletzen (VLV Dordrecht) ontvang haar 40 jaar kenteken en ‘n roosboom. Die Sirkel se Mossie Groblerbeurs van R2000 is toegeken aan Isabel du Toit van Lady Grey se kleindogter, Ané de Beer van Oos-Londen. Nuwe Sirkelbestuurslede het hul kentekens ontvang, t.w. Gesondheid – Henna Botha van Lady Grey; Openbare Sake – Emma Pietersen van Molteno; en Opvoeding & Kultuur – Antoinette van Pletzen van Dordrecht.

Many lucky draws were handed out, and lovely momentoes exchanged.  All delegates could bring canned food, which was donated to the Siesta Retirement Centre in Molteno. Each branch had to compile 2 scrapbooks on the Muslim culture and about Russia – which were donated to the Edelweiss School in Molteno. Each branch also made a birthday card for 2 branches with upcoming birthdays: Molteno (90 years) and Sterkstroom (85 years).

Die Sirkel Tesourier, Isabel du Toit het ‘n finansiële verslag gelewer, en die Saamroepers van Leefstyl, Landbou en Kunste & Handvlyt het kommentaar gelewer oor die kompetisies. By Landbou het Lenie Fourie oor die Bottels vir Herwinning en die Klippe met Dotpainting gepraat, terwyl Marie Pretorius oor die Rangskikkings en Tafelversierings gepraat het.

Pryse sal by ‘n later geleentheid uitgedeel word. Mees uitstaande artikels was: Leefstyl: Gebak –  Amanda Oelofse se Toffies, Kunste –  Irma Davel se Masker, Landbou – Irma Davel se Bottels en Blomme Gevorderd – Retha Peens.

Queenstown het die kompetisie gewen, met Lady Grey 2de en Sterkstroom 3de. Nadat verversings geniet is deur alle VLV-lede asook dames van die gemeenskap, verdaag almal na die Metodiste Kerk (langs die saal) vir Daniël de Kock se praatjie.

 

Herwonne Bottels

 

 

 

 

 

 

Daniël de Kock & Irma Davel

 

Rae Andrews en haar dogter Nita de Wet

                        NOK Sirkelbestuur

Van links voor: Lenie Fourie (Dordrecht), Irma Davel (Molteno), Antoinette van Pletzen (Dordrecht), en Isabel du Toit (Lady Grey). Agter: Megan Moorcroft (Sterkstroom), Helen Noorman (Molteno), Adele Richardson (Sterkstroom), Wanda Barnes en Retha Peens (beide van Queenstown). Afwesig: Marieka Bekker (Lady Grey).