Sirkel: SWD

Tak: Voëlvlei

Portefeulje: Opvoedkunde en Kultuur

Beriggewer: Ada Gericke

Datum: 1 April 2021

VLV  Voëlvlei  oor onderwys en ‘spekskiet’.

Onderwys:

Na ‘n jaar sonder fisiese byeenkomste, het VLV Voëlvlei se dames weer vir die eerste keer ‘n vergadering gehad.  Die potefeulje-onderwerp van die vergadering was Opvoeding, en Mnr Daan du Toit, skoolhoof van Laerskool Park, was die spreker.

 

 

Hy het hoofsaaklik inligting verskaf oor die effek van die pandemie op die onderwys.  Verlede jaar was ‘n tyd van onsekerheid, groot aanpassings en nuwe denke oor onderrig in skole.  Finansiële probleme en virtuele onderrig, asook tuisonderrig, was van die onmiddellike struikelblokke wat oorkom moes word.  Die invloed van die dra van maskers en gebrek aan sosiale verkeer onder leerders het steeds ‘n baie negatiewe effek.  Die feit dat leerders die helfte van die voorgeskrewe onderrigtyd en die persoonlike interaksie met onderwysers en maats moet ontbeer, dra ook by tot groot onsekerhede.

 

 

Aanpassings met die ‘nuwe normaal’ het beteken dat leerders nie toegang gehad het tot ondersteuning en terapie nie.  Ouers is die taak opgelê om hul kinders te ondersteun en dit terwyl almal nie heeltemal opgewasse daarvoor is nie.

Al is die stand van onderwys in Suid-Afrika van die laagste in die wêreld, is daar tog ook baie positiewe dinge geleer in die proses.  Groter waardering vir die lewe, gesondheid, goeie struktuur in baie van ons skole, die waarde van goeie gesinsverhoudinge en die uitdaging tot nuwe denke is maar ‘n paar.  Die belangrikste aspek bly steeds dat opvoeding en respek by die huis begin.

‘Spekskiet’:

Met die spekboom as ‘n boom van die jaar, het bestuurslede insette gelewer daaroor.

Die gesondheidsvoordele van die spekboom, verskillende name van die boom in tale van die land, ‘n gedig oor spekbome, die verskillende spesies daarvan en ‘n resep vir spekboomkonfyt was van die inligting wat gedeel is, en dit was nie ‘n spekskietery nie!