Sirkel: Tygerberg

Tak: Goodwood

Beriggewer: Alet Colyn

Datum: 5 April 2021

 

Tydens die inperking het Goodwood se lede nie stilgesit nie….hulle hande was besig!  Daar is naaldwerk gedoen en baie gebak.

 

 

 

 

Jenny Botha het o.a. hierdie Kersboom gehekel, ‘n viltpoppie geborduur en haar kombuisgordyn met ‘n gehekelde randjie opgekikker.

 

 

 

 

 

 

 

 

Karin Marais het haar tuin in ‘n lushof omskep.

 

 

 

 

 

 

Feesia Marais het met haar sketse gewys hoe sy die inperking ervaar het.

 

 

 

 

 

 

 

Een van Nel Harteveld se kwilts.

 

 

 

 

 

Leonie Theron het weer haar beitels uitgehaal en gewys dat sy nog bedrewe in houtsneewerk is.

Connie Marais het o.a. die mooiste kinderklere vir haar kleindogter gemaak, ‘n kombers gehekel en laslappiewerk gedoen.

 

 

 

 

Joan le Roux het konfyt gekook dat die biesies bewe en vir verskeie liefdadigheidsprojekte truie, komberse en speelgoed gebrei.

 

Alet Colyn het komberse, slaapsokkies, handskoene, musse en speelgoed vir behoeftiges gebrei.  Sy het ook al haar kaste reggepak en van alle oortollighede ontslae geraak.