Sirkel: Kalahari

Tak: Vryburg

Studierigting: Gesondheid

Aanbieder: Carien Van Niekerk

Beriggewer: Nellie Viljoen

Datum: 24 Maart 2021

 

Vryburg VLV fokus op gesondheid gedurende hul eerste vergadering van die jaar. Liselet Jacobs deel haar pad met borskanker die afgelope 14 maande. Daar is geen familiegeskiedenis van borskanker nie. Sy het ‘n dubbele mastektomie gekry maar Infeksie het borsrekonstruksie onmoontlik gemaak. Tydens ‘n opvolgondersoek is weereens ‘n kwaadaardige knoppie gevind wat bestraal moes word. Die kanker is met hormoononderdrukkers behandel maar MRI het getoon dat dit na die hele skelet versprei het. Tans plaas inflamasie drukking op senuwees. Die newe-effekte van chemo moet opgeweeg word teen die voordele. Sy ervaar intense pyn en moegheid maar het al geleer dat niks moontlik is sonder geloof nie. Sy het vrede gemaak met haar siekte maar sal tog graag haar kinders wil sien grootword. Daar is soveel mense wat omgee. Môre is nie gewaarborg nie, haar raad aan almal is om elke dag voluit te leef.

 

Sirkelpresident, Corlie van Zyl, besoek die tak en bedank die lede vir hul deelname aan sirkel- en takprojekte. VLV-lede  dien en help waar nodig. Sy sluit af met die volgende van Pope Francis.

Rivers do not drink their own water;

Trees do not eat their own fruit;

The sun does not shine on itself and flowers

do not spread their fragrance for themselves.

Living for others is a rule of nature, we are born to help each other,

No matter how difficult it is … Life is good when you are happy;

but much better when others are happy because of you.

 

Eurika Byleveld verskaf inligting oor die kweek en gebruike van die inheemse stekelkomkommer. Kan soos ander komkommer geëet word of maak jellie. Kook vrugte sag, syg deur en gebruik gelyke hoeveelhede pulp en suiker. Kook tot dik en bottel warm.

 Liselet Jacobs en Carien van Niekerk

Corlie van Zyl en Esta Twigge

 

 

 

Afrika stekelkomkommers