Tak: Langebaan

Sirkel: Weskus

Beriggewer: Cynthia Huysamen

Datum: 23 Maart 2021

 

PROJEK SIRKEL WESKUS : REIK UIT NA GESONDHEIDSWERKERS

Daar is besluit om bederfpakkies uit te deel aan Langebaan se gesondheidswerkers en op Donderdag 11 Maart het die Vroue-Landbouvereniging se groep vir GESONDHEID, hul pakkies uitgedeel aan die personeel van ATLANTIC MEDICAL RESPONSE – WEST COAST en hulle was baie dankbaar.

(Dit lyk darem of die hond ook tevrede was met die afloop van verrigtinge).

Louna Niehaus (Sameroeper), Elmine Archibald en Alta Dednam het dié groep verteenwoordig.

 

Op Donderdag, 18 Maart het die Vroue- Landbouvereniging, Langebaan se groepe vir LANDBOU&TUINBOU en OPVOEDING&KULTUUR, hul bederfpakkies uitgedeel aan die personeel van GERIMED AFTREEOORD.

VLV Langebaan en in besonder die bogenoemde groepe, wil graag vir Mnr. Jacques Germishuizen, Besturende Direkteur van SPAR Langebaan, baie dankie sê vir die R1200 koopbewys, waarsonder hierdie pakkies nie moontlik sou wees nie.  So ‘n oulike idee om SPAR se advertensieblaaie te omskep in sakkies!

Riana Pienaar (Sameroeper-Landbou&Tuinbou) en Cornelia van Rooyen (Sameroeper-Opvoeding&Kultuur) het dié groepe verteenwoordig.

 

Op Dinsdag 23 Maart het die Vroue-Landbouvereniging, Langebaan se groep van LEEFSTYL 1, hul bederfpakkies uitgedeel aan die personeel van SAPD Langebaan.

Magda Smit (Sameroeper) het die pakkies aan Kaptein de Wet en sy span oorhandig en Corlia Basson was die fotograaf.