Tak: Dordrecht – NOK
Studierigting: Leefstyl en Opvoeding & Kultuur
Aanbieder: Lenie Fourie
Beriggewer: Antoinette van Pletzen
Datum: 17 Maart 2021
Lede van Dordrecht kon weer by een van die lede se huis bymekaarkom en heerlik kuier! Inligting is ook deurgegee, soos oor die komende NOK Konferensie wat die vorm van ‘n Vrouedag gaan aanneem met Daniël de Kock van Kaapstad as gasspreker. 2022 se Konferensie sal DV deur Dordrecht aangebied word en reëlings hiervoor is ook al in die beplanningstadium.
Lenie Fourie vertel hoe om vrugte in te lê
Verder het Lenie Fourie vertel hoe om vrugte suksesvol in te maak. Sy gebruik verkieslik erdepotte of kastrolle van vlekvrye staal en nie alaminium kastrolle nie. Vrugte moet verkieslik nog ‘n bietjie groen wees, en as die vrugte baie soet is, gebruik ‘n bietjie minder suiker as wat die resep vereis. Nadat die produkte in die bottels gesit is en al die lugborrels uitgelaat is, moet die bottels onderstebo neergesit word om af te koel. Sorg dat daar genoeg stroop in die bottels is. Die etiket met die naam van die produk en die datum word aan die voorkant opgeplak – 2 cm vanaf die onderkant van die bottel.
Elke tak moet jaarliks 2 plakboeke maak oor gegewe onderwerpe, om na Konferensie te neem, waar die gasvroutak dit dan aan ‘n skool van hul keuse skenk. Vanjaar se onderwerpe is Rusland, en Die Moslems. Antoinette van Pletzen was daarvoor verantwoordelik en het die voltooide produkte vertoon, wat aan ‘n skool in Molteno geskenk sal word. Sy het ook inligting gegee oor die Voël van die Jaar (die Kaapse Berglyster) en die Bome van die Jaar (die Soetdoring en die Spekboom).
Leave A Comment