Sirkel: Paarl

Tak: Wellington

Portefuelje: Openbare Sake

Beriggewer: Karen Barnard

Datum: 11 Maart 2021

 

Dames kry insae in plaaslike munisipaliteit

Wellington se eerste byeenkoms van die jaar is goed ondersteun.

Die dames is besoek deur Raadslid Koos le Roux van die Drakenstein Munisipaliteit.

Werksaamhede en projekte van die munisipaliteit is uitgelig.  Goeie vordering is gemaak met rioolstelsel en waterwerke.  Groot padprojekte is tans aan die gang om die dorp.

Die volgende het sterk na vore gekom:

  • Armoede het sterk toegeneem, sowat 40% nou in Drakenstein
  • Kultuur van mors is groot en asblikke word gebreek en/of glad nie gebruik nie
  • Gebrek om verantwoordelkiheid vir dade te neem
  • Gebrek aan trots vir eiendom wat gesien word deur die voorkoms van sypaadjies voor huise en besighede.

Daar is ‘n beroep op die dames gedoen om te help deur onwettige storting of probleme met riool, water en elektrisiteit aan te meld.  ‘n Tolvrye nommer is vir die doel beskikbaar.

Die publiek kan baie help deur verantwoordelkiheid vir hul eiendom te neem en byvoorbeeld net hul sypaadjie netjies te hou.  Dit kan ‘n reuse verskil begin maak in die dorp.

Vullis bly ‘n kopseer en die dames is weereens aangemoedig om te herwin of hergebruik.

 

Die dames luister aandagtig na Raadslid Koos le Roux van die Drakenstein Munisipaliteit.