Sirkel: Middelland
Tak: Kraggakamma
Portefeulje: Landbou
Beriggewer: Margaret van der Mescht
Datum: 9 Maart 2021
Japie Buckle, `n restourasie ekoloog, lig die lede in oor die ekonomiese geleenthede van biomassa.
Ons het `n groot probleem met uitheemse bome in SA en moet `n oplossing vind om dit ekonomies te benut. Uitheemse bome gebruik ons beperkte waterbronne op. Om hierdie bome te verwyder is baie duur en daarom moet metodes gevind word om dit te benut. Waar bome verwyder word, word fynbos aangeplant.
Van die bome word opgesaag om meubels soos tafels, stoele, beddens en doodskiste te maak. Dit word ook vir erosiebeheer gebruik teen steil hellings.
Die hout word deur `n masjien opgekerf in verskillende dikte skyfies (chips). Dit word dan gemeng met `n sementmengsel en water en panele en blokke word gemaak. Die panele word onder meer gebruik om puttoilette in afgeleë plekke te vervang met ordentlike toiletgeriewe. Huise word ook daarmee gebou. Die isolasie van hierdie huise is beter as sementhuise, dus word energiebronne gespaar.
Die voordeel van hierdie materiaal is dat dit vuur- en koeëlbestand is, dit het hoë absorberende vermoë en is swam bestand. Dit het ook `n lae koolstofspoor en kan nie oksideer nie.
Ander gebruike van biomassa is: rooklose houtskool, kosmetiese produkte, dierevoer en plantvoeding asook om grondgehalte te verbeter.
Japie Buckle saam met Erika le Roux, Landbousaamroeper.
Leave A Comment