Sirkel: Middelland

Tak: Aberdeen

Portefeulje: Opvoeding en Kultuur, Leefstyl, Openbare Sake & Landbou en Tuinbou

Beriggewer: Christelle Nel

Datum: 3 Maart 2021

 

Aberdeen VLV se Maart 2021 byeenkoms was ‘n hoogtepunt omdat daar weer geruime tyd verloop het van geen vergaderings nie a.g.v. die Covid-19 inperking.  Die vroue kom bymekaar op die plaas Uitkyk in die Aberdeen distrik by Christelle Nel. Dis ‘n heerlike warm somersdag waar daar onder die koeltebome op die grasperk vergader word.

Lea van der Vyver verwelkom die lede, asook een besoeker.  Christelle Nel deel haar getuienis van hoe die Here haar aangeraak en genees het ná 2 operasies.

Na bespreking van ‘n paar VLV sake, deel Carina Esterhuizen vir elke lid verskillende kleure fondant uit en elkeen maak ‘n klein skilpadjie. Daar word ook wenke gedeel van hoe om met fondant te werk.

Suzanne Lategan deel wenke oor belasting besparingsmetodes.  Inligting oor die Verbruikerswet word ook deurgegee, spesifiek met betrekking tot kontraktydperke vir bv. selfone.

Christelle Nel neem die lede op ‘n toer deur haar tuin en wys die veranderinge in tuinuitleg om dit meer waterbesparend te kon maak. Die dames het ook haar nuwe buite-onthaalarea besigtig.

Luise de Jager  wen die gelukkige trekking van die dag.  Christelle trakteer die dames met ‘n ligte middagete en daar word heerlik saamgekuier.

Christelle Nel lewer getuienis

                         

Dames besig met fondant versiering                                               Eindresultaat

     

Veranderde tuingedeelte                                                           Nuwe braai- en kuierarea

Heerlike gesondheidsbrood & turksvye