Sirkel: Overberg
Tak: Gansbaai
Studierigting: Kunste en Handvlyt
Beriggewer: Marianna Mostert
Datum: 2 Februarie 2021
BOODSKAP VAN
Ronel de Villiers en Kunste en Handvlyt span.
Goeie middag en WELKOM by ons eerste VLV Vergadering van 2021.
Mag jy heeltyd van Jesus se liefde bewus wees.
Verbeel jou, jy sit by die perfekte plekkie by die see.
Die 1ste brander breek. Saam met hierdie brander kom ‘n liedjie oor ons tema vir vandag, LIEFDE en DANKBAARHEID. Luister gerus daarna.
Met die volgende brander bring Rienie vir ons, ‘n video, met al die HUISHOUDELIKE SAKE.
Dan die lekker 3de brander bring KUNSVLYT. Jy kan nou saam met ons Mariette Beukes se video wat sy spesiaal gemaak het vir Gansbaai VLV kyk.
Nou’s ons by die poeding brander (OELLA ‘n bekende kom kuier). GENIET HAAR.
Later in die maand gaan ons nog ‘n kunsvlyt video op die groep pos.
EN NOU KAN JY IN JOU GEDAGTES SOMMER NET JOU PERFEKTE PLEKKIE BY DIE SEE GENIET, want fluit fluit ons storie is uit.
Ons hoop jy het die middag geniet .
Ons is lief vir jou.
Baie Dankie vir al die Gansbaai dames en die online vergadering!
Uitstekend julle!
Marlene Erasmus. Baie baie dankie vir jou en almal wat betrokke is by http://www.vlv.co.za. Ek dink julle doen uitstekend. Hierdie web blad sit ons op die “map”. VLV GROETE
VLV Gansbaai ek sien julle vlge maand in Gansbaai by die VLV Jaarkongres 2022.
Groete
Ivan Meyer
Minister van Landbou
Wes-Kaap
9 Julie 2022