Sirkel: Overberg

Tak: Bredasdorp

Beriggewer: Letty-Ann Möller

 

Met stories kies ons om nie die virus van angs te voed nie, maar met liefde.
Dit is nie ons verskille nie, maar dis ons ooreenkomste wat ons bind. So ons vra julle in hierdie grendel-en kwarentyntyd:

“Let’s lift our hopes up for each other, together”.

Dit is hoe die potpourri vergadering van die VLV-tak op Bredasdorp 15:00 tot 15:45 op Dinsdag 2 Februarie 2021 verloop het.

In haar inleiding en openingstekste het Annette van Eeden, voorsitter, verwys na ‘hoop’, na die impak van die corona virus wêreldwyd en na die wêreldreis wat die sekretaresse, tesourier en die res van die bestuur saam met elke VLV-lid met dié beeld en klank WhatsApp aanbieding gaan meemaak.
 

 

Annette van Eeden

 

 

 

 

 

 

 

Sekretaresse, Annemi Fourie, vertel van Egipte se hirogliewe en Arabië se nommerplate.

 

 


 

 

Tesourier, Barbara Mandy, deel haar reiservaring t.o.v vreemde valuta en visas. Sien video.

https://youtu.be/6OIYc1FrTWo

 

 

 

Gesondheid: Vise-voorsitter, Lorraine du Toit, deel die humor en hartseer van oud word en die nadele van inentings n.a.v ‘n gevallestudie onder bejaardes in Noorweë.

Openbare Sake: Letty-Ann Möller, wys daarop dat mans wêreldwyd meer geïnfekteer word, maar vroue word die meeste daaroor geaffekteer. Sy deel ook ‘n video van klere ontwerpers in Maleisië se bydrae tot beskermingsklere teen die pandemie.


Landbou: Carin Brink neem ons na ‘n plukplaas in die Noordpool: Sien video.

https://youtu.be/JBq1ZuKo1_g

 


 

 

Leefstyl: Brenda Botha deel leefstylfeite.