Sirkel: SWD
Tak:Klein-Brakrivier
Beriggewer: L Terblanche
Datum: Januarie 2021
Kleinbrak-Tak is altyd gereed om met hulle kreatiewe dames te spog. Januarie 2021 word afgesluit met ‘n kykie na van hierdie dames se projekte:
Cecilia Pieterse, mosaik-guru, deel van haar werk.
Kreatiewe Deville du Plessis wys van haar ‘pottery’ items
Geliefde oud-Voorsitter, Hester Krige, het van haar ou-ou stoele oorgetrek en vernuwe
Gerda Sieberts kan gerus spog met hierdie kaartjies en snesie sakkies
Petro Reineke is ‘n bobaas bakker
Talentvolle Ria van Straaten wys van haar skilderye
Helen le Roux deel hierdie unieke kussingoortreksels wat van teesakkies gemaak is
Christa Vreugdeburg is besig met soveel projekte, ons gaan later ‘n aparte berig oor al haar projekte maak. Hier kyk ons na haar kopstuk en bedkassies wat oorgedoen is met Tjhoko verf.
Lydie hou baie van helder kleure en speel lekker met verf
Die tak is besig om ‘n sosiale geleentheid vir Februarie 2021 te beplan (natuurlik met al die nodige veiligheidsmaatreëls in plek).
Leave A Comment