Sirkel: Kalahari
Beriggewer: Carien van Niekerk
Datum: 11 Januarie 2021
Einde 2020 pryk twee van Sirkel Kalahari se takke in hul plaaslike media. Om ‘n voorblad te kry, is nie altyd so maklik nie, maar VLV Vryburg het op 4 November 2020 ‘n voorblad gekry in die Stellalander met hul veldtog om inwoners van Vryburg aan te moedig om plaaslike besighede en produkte in die omgewing vervaardig, te ondersteun. So word heelwat besighede, werksgeleenthede en kapitaal in die omgewing beskerm. Hul noem die veldtog “Local is Lekker” met die verstandhouding dat plaaslik die beste en enigste opsie is vir aankope. Koop liewer in-winkel as aan-lyn.
Kuruman bied ‘n blommekursus aan met die bekende blommetweeling, Dorothy Vorster en Marelie Keulder. Die tegniek van parallelisme word gedemonstreer en ‘n artikel oor hulle verskyn in die NoordKaap Bulletin op 10 Desember 2020. So ‘n mooi artikel.
Leave A Comment