Sirkel: Kalahari

Beriggewer: Carien van Niekerk

Datum: 11 Januarie 2021

 

Sirkel Kalahari kom in rat vir 2021

Na goeie reëns in die suide van Noordwes en die Noordkaap, is Sirkel Kalahari entoesiasties om 2021 aan te pak.  Ondanks die invloed van Covid, beplan takke aan hul jaarprogram en lê daar ook ‘n Konferensie voor in Maart en die Kongres in Augustus.

Ons tema bly steeds “Belê in Vroue”.  Ons gaan aandag gee aan ons jonge dames in graad 7 met Vryburg se Eva projek.  Ons fokus op huidige lede met erkennings en saamkuiers soos net Kuruman kan, asook met werwing van nuwe lede by ons takke in Vryburg, Kuruman en Reivilo.  Die fokus is ook gerig op senior dames met Nasionale Melktertdag en besoeke aan die aftreeoord (as die inperkings dit toelaat).

Die sirkelprojek “Lees ‘n bietjie” lê ons na aan die hart.  Daar is ‘n Tswana Bybelprojek asook die moontlkheid om voorleessessies te hou by die skole en ouetehuise.  Wêreld Hardopleesdag in Februarie is ‘n voertuig wat heelwat kinders en skole in ons omgewings kan bereik.

Ons sien ook uit die na ons Konferensie wat DV gehou word op 10 en 11 Maart.  Die gasheertak is Vryburg.  Sirkel Kalahari is een van die takke wat die Kongres reël wat  in Augustus plaasvind.  Ons hoop al ons planne val in plek en dat die inperkings ons nie weer strem soos in 2020 nie.

VLV Sirkel Kalahari sien uit na 2021.