Sirkel: Kalahari
Tak: Kuruman
In Memoriam
Beriggewer: Hettie du Plessis-Krüger
Datum: 11 November 2020
Kersfeesliggies brand vir afgestorwe lede
Kuruman VLV-tak het op Woensdag 11 November 2020, tydens hul jaarafsluiting by Boa-fé, kersfeesliggies laat brand vir vyf lede wat dié tak sedert Julie 2019 aan die dood moes afstaan.
Kersfeesliggies brand ter viering van hierdie vyf lede se lewens op aarde. Foto’s vlnr: Hilda van Wyk (18 Junie 1934 – 18 Julie 2019), Susan Sargeant (1 Desember 1923 –13 Oktober 2019), Sarie Leyden (20 November 1935 – 7 November 2020), Zoetjé Oosthuizen (4 Augustus 1955 – 30 September 2020) en Charlotte Engelbrecht (6 Januarie 1921 – 6 Oktober 2019).
Liza Burger, Openbare Sake Saamroeper het dié seremonie behartig. Die kersfeesliggies het gebrand om dié vyf lede se lewens op aarde te vier.
Sy het ‘n gedig voorgelees wat in ‘n jong meisie se kamer gevind is, kort na haar selfdood.
Broken Heart
One day I’ll die and I’ll die alone.
My loved ones will cry for a while then move on.
Friends will post my pictures, writing touching messages and move on too.
Some will be pretending – telling you all how they really loved me.
My partner will cry when our memories come up and move on too.
My ex will be regretting.
Facebook friends will miss me and my Facebook will be dry.
My inbox will be full of unread messages and in a short time everyone will move on.
The world will keep spinning without me, because my life chapter will be closed.
Closed forever.
Liza het die liedjie, “You’re still God” van Philippa Hanna gespeel en die lede gevra om die mooi te onthou van hierdie vyf lede en ook ander mense wat in 2020 afgesterf het. Onthou dit wat ons harte geraak het en weet daar is steeds hoop in hierdie wêreld.
Liza Burger onthou die lede met ‘n glimlag.
Leave A Comment