Sirkel: Paarl
Tak: Stellenbosch
Verjaardagviering
Beriggewer: Gonny du Plessis
Datum: 19 November 2020
Stellenboschtak het hul negentigste verjaardag saam met hul jaarlikse afsluiting op ‘n baie gesellige manier gevier.
Die tak verjaar in Junie, maar weens die inperking as gevolg van die Covid19 pandemie, kon hul nie vergader om dit te vier nie.
Die Sirkel President, Mev Marinda Rall en al die voorsitters van die 9 takke van die Sirkel was genooi om die geleenheid by te woon op die aarbeiplaas “Mooiberge” net buite Stellenbosch. Die meeste van die taklede was ook teenwoordig.
Die voorsitter, Mev Marthie Swiegers, het almal baie welkom laat voel en vertel hoe hulle die geskiedenis van die tak nagevors het en slegs inligting vanaf 1942 op rekord het. Die vorige jare se geskiedenis is deur ‘n brand vernietig, maar volgens geskrifte kon hul tog die jaar van stigting vasstel.
Na ‘n heerlike ontbyt het die gaste elk ‘n skoendoos vol geskenkies ontvang.
Skoendose vol geskenkies
Geskenke vir die President
Mev Marinda Rall, Sirkel President en Mev Marthie Swiegers, Voorsitter.
Leave A Comment