Sirkel: Paarl
Tak:Wellington
90ste Verjaardag
Beriggewer: Juanita Loubser
Datum van gebeurlikheid: 7 November 2020
18 April het gekom en gegaan en weens Inperking en Vlakke van inperking in SA, kon hierdie tak se 90ste verjaardagviering nie plaasvind. Met tyd kom raad en geduldig is gewag dat President CR die vlakke moet lig.
Op 7 November 2020 kon Hannes van Wyk uiteindelik in Wellington kom kuier. Wat ‘n belewenis en wat ‘n uitbreek-oggend in die Boland.
Hannes ( alom bekend vir Kwêla aanbieder en as akteur in verskeie TV-reekse) laat nie op hom wag nie en het met sy aankoms al saam met die dames begin kuier en gesels. ‘n Mens mens. Gemasker en ingeteken is die oggend begin en almal is verwelkom met vonkelwyne van Perdeberg, Du Toitskloof Wyne en JC le Roux. Alles in pienk om vroue te vereer maar ook die ROTS van die oggend . Wellington VLV se graniet-verjaardag!!
Keurig gedekte tafels het die gaste ingewag met die heerlikste happies van salm tot biltong. Natuurlik moet daar by ‘n verjaardag mos koek ook wees en ja, elke tafel het ‘n wortelkoek gehad wat dan ook eerste gesny is. Die koek was eintlik simbolies.
Kom ek begin by 5 Desember 1930 toe Wellington VLV haar ontstaan gehad het tydens hul eerste vergadering. Mev. Jossie Ackerman het vanaf Franschhoek oorgekom om die tak te stig. 13 Vroue was teenwoordig en Mev Anna du Toit is gekies as president. Vergaderings is toe eenkeer per maand in die Marta-saal gehou en in 1963 het die ledetal tot 115 gegroei.
In 1934 word hul eerste skou aangebied en in 1952 hul 2de skou , daarna word elke 3de jaar skou gehou. Verskeie markte word gehou deur lede en ‘n melktert het ‘n halfkroon gekos in daardie dae. Troues word gedoen om fondse te versterk. In 1963 was ledegelde 75c per lid en in 1965 bied Wellington die eerste keer konferensie aan vir 80 gaste en die koste was R39,05.
Nou kom ons by die Wortelkoek: Susan Rautenbach , voorsitter in 1978, het eers op takvlak en toe op Sirkelvlak eerste gekom met haar wortelkoek. Dit het gemaak dat Wellington daardie jaar die gebakbeker verower het.
Hier volg die resep:
1 ½ k suiker 1 kop kookolie
3 ekstra groot eiers 1t vanielje
1 ½ k koekmeel 2 t bakpoeier
2 ½ t kaneel Knippie neutmuskaat
1 t sout 2 kop gerasperde geelwortels
1 groen appel, grof gerasper ½ kop gekapte pekanneute
Klits suiker, olie, eiers en vanielje saam. Sif die droë bestanddele saam en vou in eiermengsel in. Voeg die wortels, appel en neute by. Meng goed.
Skep in 23cm ringpan en bak ongeveer 45min. Laat 15 min staan en keer uit..
Versier soos verlang.
In 2010 staan die ledetal op 38 lede en hierdie jaar in 2020 op 60 lede. So groei ons elke dag en probeer VLV bevorder in ons gemeenskap. Nou is hierdie tak (dame) 90 jaar jonk. Ons moet belê in Vroue. Lank lewe VLV.!!!
Ons het nie vergeet van Hannes nie. Sy praatjie het gehandel oor Vroue, veral wat ‘n Ma se doel en betekenis is. Koester die ma’s van die lewe wat oor jou pad kom. Elkeen is daar geplaas met ’n rede, maak nie saak hoe sy lyk, wat sy aantrek of watter beroep sy selfs beoefen. ‘n Ma is die een wat saans as almal slaap, eers by haarself uitkom en tyd vir haarself afstaan. Dit is sy wat môre oggend eerste op is om kosblikke te pak of die ketel aan te sit.
Wees lief vir haar en aanvaar haar soos sy is.
Francina Marais en June Smit by gaste van Kleinmond
Thea Kritzinger en Marina Hancke by gaste van Wellington
Keurige happies en die wortelkoek op die tafel.
Pienk vir die oggend met verwelkoming.
Welkom
Hannes lag vir die seremoniemeester.
Oom Samuel Fourie (skrywer van die Langbeenbossieruiker-briefie wat op elke Boks vir ‘n Boervrou geplak is)
Agter:Charlene Elliot, Juanita Loubser, Magda vd Westhuizen en vriendin. Voor: Me.Lategan, Anja Laas, Meline Rontgen(Citrusdal) en Benita Fourie geniet die oggend.
Karin Morkel en Louise Symington(Williston) by Hannes van Wyk
Agter:Dawn Greyling, Mari Snyman(Brandvlei) en Gerda Smit. Voor: Vriendinne saam met Johan Koch.
Wellingtonners geniet Hannes se boek .
VLV- lede van Weskus Sirkel het ook die oggend bygewoon.
Juanita Loubser (voorsitter) by Hannes en Marinda Rall ( Sirkel President Paarl)
Juanita Loubser by Elsabe du Plessis (seremoniemeester en Ds. Mardi Badenhorst
Leave A Comment