Sirkel: Worcester
Tak: Robertson
Portefeulje: Kuns en Kultuur
Beriggewer : Sunette De Villiers.
Datum: 19 November 2020
Robertson Tak het hulle afsluitingsvergadering saam met Flowers @ Work gehou. Kobus Conradie van Kleimond het ‘n demonstrasie gedoen van 3 rangskikkings. Vir 2 van die rangskikkings het hy pryse behaal tydens ‘n virtuele kompetisie tydens grendeltyd.
Die rangskikking met die oranje bakke was “The object of my desire”, waarvoor hy 3de prys verower het en die room en groen een was “ Elegantly styled” – highly commended. Hy het die rangskikkings aangepas vir Kersfees met die blink balle en tintsel. George Burger, sy vennoot, het hom ondersteun.
Sunette de Villiers het al die lede bedank vir almal se deelname en ondersteuning op WhatsApp tydens die grendeltyd. Sy wens die verjaarsdag dames geluk en oorhandig ‘n geskenk aan hulle. Charmaine trek die lootjie vir die gelukkige wenner van die heerlike Vrugtekoek. Sy wens die lede ‘n Geseënde Kersgety en veilige reis toe.
Elke lid ontvang ‘n versierde bottel met tuisgebakte koekies, wat deur die VLV lede gebak is.
Die dames geniet heerlike tee en verversings en ‘n laaste geselsie voor die vakansie.
Tafelversiering – The Gringe who stole 2020
Versierde bottels met tuisgebakte koekies.
Ontwerpe voordat hy begin het.
Turkoois ontwerp
Elegantly Styled
The object of my Desire
Leave A Comment