Sirkel: Kalahari

Tak: Vryburg

Studierigting: Leefstyl

Beriggewer: Nellie Viljoen

Datum: 20 Oktober 2020

 

Welmarie Boshoff het VLV Vryburg besoek en verskillende aspekte van koekversiering bespreek. Sy gebruik fondant wat omtower word in die mooiste versierings vir koeke en kleinkoekies. Lede het ook die geleentheid gehad om met botterversiersel hul eie kolwyntjie te versier.

Hier is die resep vir spierwit versiersel.

Botterversiersel

60-90 ml sagte Wooden Spoon margarine

375-500 ml versiersuiker, gesif

10-15 ml melk

5 ml kleurlose vanieljegeursel

Klits margarine en versiersuiker deeglik in diep bak. Voeg melk druppelgewys by om regte konsistensie te kry, nie te styf nie, klits geursel by. Geurmiddels soos kakao, koffie, gerasperde sitrusskil, neute, of grenadellapulp kan bygevoeg word.

Tuisgemaakte fondant

500 g versiersuiker

1 eierwit

30 ml glukose

Sif versiersuiker in bak, maak holte en gooi eierwit en glukose in. Meng met houtlepel. Knie tot glad en elasties. Bêre in lugdigte houer en gebruik so gou moontlik.

Welmarie Boshoff en Eurika Byleveld

Annetjie Botha aan die werk

 

 

 

Versierde kolwyntjies