Sirkel:  Tygerberg

Tak:  De la Haye

Portefeulje: Leefstyl

Beriggewer:  Elizabeth Joseph

Datum:  08 Oktober 2020

 

De la Haye vergader op Zoom

 

Weens Covid19 mag ons nie in groot groepe bymekaar kom nie.

Tydens ons Oktober-byeenkoms het Ita van der Merwe vir ons ‘n demonstrasie gehou oor hoe om Kruieballetjies te maak.  Ita het haar resep met al ons lede gedeel.  Die demonstrasie is vooraf opgeneem en tydens ons vergadering gespeel.

Resep – Kruieballetjies(Voorverhit die oond tot 180°C)

Bestanddele:500 g Brooddeeg OF Sagte witbrood waarvan die korsies afgesny is

Vulsel 300ml gerasperde Mozzarella kaas OF Enige gaar soutvulsel bv. fyngekapte uie en sampioene

Buitelaag

250 ml gesmelte botter of margarien

2 E fyn gerasperde Parmesan of Cheddar kaas

1 t fyn knoffelpoeier (Crushed garlic) [Opsioneel]

2 t Italiaanse kruie

METODE

1.  Smelt die botter in ‘n glas bak in die mikrogolf en voeg die gemengde kruie en knoffel by. Meng goed.

2.  Deel die deeg in balletjies (+ gholfballetjies).

3.  Druk ‘n balletjie (OF sny brood) effens  plat op jou liggies gesmeerde handpalm.

4.   Skep ‘n halwe teelepel van die vulsel  en ‘n bietjie gerasperde kaas daarop.

5.  Vou nou die rande van die die deeg om die vulsel sodat dit goed bedek is en die deeg stewig om die vulsel is.

6.  Rol elke balletjie nou in die botter-en-kruiemengsel.

7.  Plaas die balletjies langs mekaar (nie styf teen mekaar nie) in ‘n gesmeerde oondpan of ‘n ronde pan waarvan die rand kan afhaal.

8.  Giet nou die res van die botter mengsel en die fyn gerasperde kaas oor.

9.  Plaas op warm plek en laat rys die deeg vir 20 minute. (Broodbolletjies kan dadelik gebak word vir 15 – 20 minute of goudbruin.)

10. Bak die rolletjies vir 25 to 30 minute of tot goudbruin.

11.  Laat afkoel vir 5 min en plaas op opdienbord.

12.  Bedien warm.