Sirkel: Overberg

Tak: Gansbaai

Studierigting: Gesondheid

Beriggewer: Marianna Mostert

Datum: 6 Oktober 2020

 

Vlak 1 van Covid-19 word aangekondig en ons by VLV-Gansbaai hou verantwoordelik partytjie saam met Gesondheid

Ons kyk na Covid-19:  Die impak op die mensdom – wat nou?

Ons lede open die vergadering deur DANKBAARHEID hardop uit te spreek en te deel met almal. Daarna luister ons na ’n lied gesing deur  ”Natasha Joubert – Dankie, Here”

Ons Spreker vir die middag is een van ons plaaslike dames:  Lishje Els

Karin Steyls (GESONDHEID Sameroeper) oorhandig aan Lishje Els (SPREKER) ’n dankie sê sak met heerlike bederfies na afloop van haar praatjie.

En so begin Lishje se praatjie.

Karin:   “Lishje sal jy asseblief vir ons die wenner trek van die Hasie koekblik looitjies as jy klaar is met jou praatjie.”

Lishje:  “Nee, beslis nie.

Die gehoor raak al stiller en die ongemak, skok en verleentheid is op almal se gesigte.  Karin vra mooi, maar Lishje weier.  Daardie “nee” word ’n realiteit en ons voel dit aan ons lywe.

Natuurlik was dit alles opgestel, maar uitgevoer met baie drama vernuf.

Nou is die gehoor reg om te luister. Ons deel met mekaar die ervaring van die moedswillige “nee” en dink na oor wanneer en of ons dit al in ons eie lewe ervaar het. Lishje vertel aan ons dat die manier waarop jy reageer oorgeërf is.   Iets kleins gebeur en dit neem jou terug na daardie ervaring wat jy vroeër gehad het. Ons leer ook van die “Vagus senuwee”.  Dit begin in die brein. As mens onder stres is, is jou reaksie “Veg / Vlug / Vries”.  Dit stimuleer die “Vagus snuwee”.  Jou keel trek toe en jy snak na asem.  Jou hartklop verhoog en jy voel dit in jou spysverterings kanaal. Oorlading van te veel faktore wat kan lei tot ineenstorting.

Nou die vraag.  IS COVID-19 ’n TRAUMA?

Eers moet ons weet wat ’n trauma is:

  1. Jy beleef dat jou lewe bedreig word
  2. Jou “coping skills” word getoets
  3. Jy kry ’n gevoel van isolasie, alleenheid
  4. Jou drome en verwagtinge word verpletter

Hoe reageer ’n mens gewoonlik op trauma?

  1. Vermyding:   Jy probeer plekke en mense vermy wat jou aan die situasie herinner
  2. Verslawing: Jy gee jouself oor aan drank, dwelms of iets soos oefening
  3. Analiseer:     Jy analiseer die situasie oor en oor
  4. Blameer:       Jy blameer ander
  5. Empatie: Jy voel ander se pyn
  6. Simpatie:      Jy ervaar fisiese pyn

Hierdie verkeerde maniere van hantering gebeur omdat daardie oorspronklike trauma wat jy ervaar het nie verwerk is nie.

Lishje gebruik ’n praktiese voorbeeld van ’n Russiese Poppie. Jy is soos die kleinste van die poppies, geskape na God se Beeld.  Soos jy groter word en in die groter poppies se lyf klim, sit jy meer maskers op en op die einde, as jy groot is, is jy nie meer goed genoeg vir jouself nie

Nou kan ons die vraag antwoord JA, NATUURLIK ERVAAR ONS TRAUMA MET COVID-19, MAAR WAT IS DIE OPLOSSINGS?

  1. Kyk met ’n ander bril na jouself
  2. Verander jou verhouding met jouself
  3. Stel die “Vagus senuwee” buite werking
  4. Verminder die impak van trauma in jou verlede
  5. Verminder die stres deur “ASEM TE HAAL” selfs te MEDITEER

Net hier leer Lishje ons almal deur voor te gaan en ons te help om te ontspan.  Ons sit op ons stoele, voete geanker op die grond en prakties lei sy ons deur ’n ontspannings sessie van jou toon tot jou kroon.  Watter wonderlike ervaring.

Sy sluit haar praatjie af met die volgende:

Sê JA, VIR DIE LEWE…………..OOK DIE LEWE SAAM MET COVID-19.  LEWE IN DANKBAARHEID.  MAAK KONNEKSIES.

Die middag se verrigtinge is nog nie voltooi nie.  Marianna Mostert bespreek die “Wellness Wheel” met die lede. ’n Holistiese benadering tot jou welstand. Sy bespreek die 7 faktore en vra elkeen om vir haarself ’n “Wellness”  grafiek te trek. Gee vir jouself ’n punt uit 10.  0 punte teen die buiterand van die middelste sirkel en 10 punte op die buiterand van die groot sirkel. As jy dan sien waar jou probleem areas is, gaan huis toe en stel doelwitte vir jouself om jou grafiek in balans te kry.

Riene Ludick (Voorsitter) oorhandig ’n sak vol gehekelde Seekatjies aan ’n verteenwoordiger van BADISA MAATSKAPLIKE DIENSTE. Die Seekatjies sal aan kinders wat berading gekry het vir trauma oorhandig word as ’n geskenkie om saam te neem huis toe.

Die vergadering sluit af met:

Ja, Lishje het toe wel die looitjie getrek om die wenner aan te wys van die pargtige koekblik wat uitgeloot is.

 

 

 

 

 

 

Ronel de Villiers (KUNSTE & HANDVLYT Sameroeper)  oorhandig die “Hasie koekblik” aan Elizma de Lange

 

 

 

 

 

Na ’n wonderlike middag hou ons partytjie.  Drink ons almal saam ’n koppie tee en smul aan die heerlike eetgoedjies wat Gesondheid se Gasvrouens vir ons voorberei het.