Sirkel: SWD
Tak: Klein-Brakrivier
Portefeulje: Landbou- en Tuinbou / Kunste en Handvlyt
Beriggewer: Lydie Terblanche
Datum: 12 Oktober 2020
OKTOBER – DIE MOOISTE, MOOISTE MAAND
Oktober is ‘n vrolike maand hier in die Kleinbrak-omgewing.
Vise-Voorsitter Lynette reik uit na gewillige lede van ons tak om betrokke te raak by ‘n gemeenskapsprojek wat sy van stapel stuur. Die gedagte is om koekies te bak vir die plaaslike tuistes vir bejaardes. Geïnspireerde lede het saamgekom om glas-koffiebottels te versier, voordat dit met lekker tuisgebakte koekies gevul is. Van die VLV-lede wat Lynette help versier het was Susanne, Christa, Suzette en Helen.
‘n Tweede uitdaging is aan die tak-lede gerig deur die Voorsitter, Lydie Terblanche, en dit was om Nasionale Tuindag op 11 Oktober, virtueel met almal te deel. Na die mildelike reën was dit maklik om pragtige hoekies in ons tuine te identifiseer om saam te kon geniet. Ria het ‘n baie spesiale foto gedeel van haar gesin met blomme in die hare. Cecilia het ook haar “blom”-kleinkind in haar tuin met ons gedeel.
Leave A Comment