Sirkel:  Tygerberg

Tak:  De la Haye

Portefeulje: Kunste en Handvlyt

Beriggewer:  Elizabeth Joseph

Datum:  10 September 2020

 

De la Haye vergader op Zoom

 

Weens Covid19 mag ons nie in groot groepe bymekaar kom nie.

Tydens ons September vergadering het ons geleer oor “Tjhoko Paint” Die vergadering is deur Marna de Kock aangebied. Sy het vir ons ’n video gewys oor “Tjhoko Paint – Chalk painting frames with paint techniques”

 

Tjhoko Paint, ‘n trots Suid-Afrikaanse maatskappy, vervaardig ‘n unieke, selfversegelde akriel krytverf met ‘n waterbasis. Tjhoko Paint is ‘n romerige en gladde verf gebaseer op kalk wat geen kalkagtige reste laat nie. Dit is maklik om mee te werk en benodig geen seëlmiddel om op ‘n geverfde oppervlak vas te gryp nie. Die video kan hier gesien wordhttps://youtu.be/YMdPAEd1GdI