Sirkel: Middelland

Tak: Alexandria

Portefeulje: Kuns en Handvlyt

Beriggewer: Margaretha Smit

Datum van gebeurlikheid: 20 September 2020

 

Nog ‘n nuwe maand en nog ‘n virtuele vergadering vir die dames van Alexandria Tak. Amanda Heynie, sameroeper van Kuns en Handvlyt steek ‘n kers aan ter nagedagtes en ter ere van kunstenaars Elize Cawood en Elsabé Joubert wat nie meer met ons is nie. Volg die skakel om die video te kyk:

https://youtu.be/MuRCqPa_LrM

Die leersame video wys stap vir stap hoe om foto’s op hout oor te dra en daar is heelwat wenke oor hoe om dit uniek en spesiaal te maak.

Vir dié van ons wat dalk met surplus ‘’COVID-19-toiletpapier’’ sit, bied die video ook ‘n oplossing! Maak jou eie pragtige toiletpapier-reliëf vir die gebruik in ‘’Scrapbooking’’ of decoupage.

Insiggewende inligting word deurgegee oor hoe kunstenaars soos Egon Schiele en Edvart Munch tydens die Groot Spaanse Griep van 1918 probeer sin maak het van hulle lewens tydens daardie pandemie.

 

Die woorde van Yoko Ono vat alles baie mooi saam: “Art is a way of survival.’’