Sirkel: Noordwes-Kaap

Tak: Prieska

Afsluitingskuier

Beriggewer: Erika Lubbe

Datum: 7 Oktober 2020

 

Op 7 Oktober het VLV Prieska vir die eerste keer na Maart se baie suksesvolle konferensieaanbieding en neëntigste verjaarsdagvieringe van die Tak en die Sirkel, bymekaargekom. Enersyds was dit om mekaar darem net weer in die oë te kyk (alhoewel elkeen agter ’n masker verberg was) en andersyds het dit sommer ook as afsluiting vir die ongewone jaar met die Covid 9-pandemie gedien.

Nadat die VLV-sake afgehandel is, het ons ’n hond uit ’n bos gekuier, geskerts, gelag, vertel en sommer net die samesyn geniet.

Vlnr: Chrisna Coetzee (Taksaamroeper Opvoeding en Kultuur); Surietha Kotze, Theresa Swart (Tak-saamroeper Landbou en Tuinbou)

 

Vlnr: Annatjie de Villiers, Corrie Liebenberg (Takvoorsitter)

 

Vlnr: Landi de Beer (Takvisevoorsitter en Taksaamroeper van Leefstyl), Samantha Groenewald, Celia Tredoux (Taksaamroeper van Kunste en Handvlyt), Erika Lubbe (VLVK-argivaris)