Sirkel: Weskus

Sirkelvergadering

Beriggewer: Maggie Enever

Datum: 16 September 2020

VLV-Sirkelvergadering van Sirkel Weskus

 

Ons eerste Sirkelvergadering na inperking is, met al die nodige Covid19 voorsorgmaatreëls in plek, te Hopefield op16 September 2020 gehou.

Die opening is behartig deur die Sekretaris mev.Elsabé Carstens met die tema “Wat hou die toekoms in?”  Vra eerder wie hou die toekoms in en plaas jou vertroue in die bekende God en nie die onbekende toekoms.

Tydens die aanspreek van die Sirkel se Lief en Leed speel die President, Mev. Estelle du Plessis die lied “Môre draai als om”.

Kunste en handvlytsaamroepster, Elize Knoetze, behandel die 2021 Kompetisies. Veral die praktiese wenke i.v.m. die maak van papiermaché maskers en die aanpas daarvan is waardeer en het vir pret gesorg.

Mev Maggie Enever, Landbou & Tuinbousaamroeper  hou ‘n uitstalling van 2020 se boom en voël van die jaar.

Boom en voël van die jaar 2021 word bekend gemaak en inligting aan takke uitgedeel.

Gewone:        Soetdoring – Vachellia Karoo

Skaars:           Spekboom

Voël:               Versamelvoël

 

                                                                         

Mev.Elsabé Carstens                                                                                               Mev. Elize Knoetze

 

 

 

 

 2020 Boom en Voël van die jaar.

Baobab/Kremetart

Cape Ash/Essenhout

Ground Hornbill/Bromvoël

 

 

 

 

2021 Boom van die jaar.

Soetdoring – Vachellia Karoo

Spekboom