Sirkel: Kalahari
Tak: Vryburg
Tema: Kunste en Handvlyt
Beriggewer: Nellie Viljoen
Datum: 15 September 2020
VLV Vryburg het vir die eerste keer weer vergader en dit was ‘n wonderlike belewenis na die inperking.
Marthie Grobler het die saal soos ‘n vrolike lentetuin laat lyk en verskeie tuintjies uitgestal.
Sy het vereistes van paralellisme met lede bespreek en twee rangskikkings gedemonstreer.
Petro Ollewagen het wenke verskaf vir die maak van ‘n masker met papiermaché.
Wilma Brink gaan na Orania verhuis en ontvang haar 20 jaar lidmaatskapkenteken.
Een van die vele tuintjies
Marthie Grobler en Esta Twigge
Marthie Grobler en Petro Ollewagen
Esta Twigge (voorsitter) en Wilma Brink
Leave A Comment