Sirkel: Kalahari
Beriggewer: Nellie Viljoen
Datum: 29 Augustus 2020
Kalahari neem afskeid
VLV Sirkel Kalahari het afskied geneem van ‘n geliefde lid, Doris Linde. Hendrika Maria Dorothea Strydom is op 30 Oktober 1933 gebore in Vryburg distrik en tree in die huwelik met Jurie Linde. Drie seuns word uit die huwelik gebore. Doris sluit in 1957 aan by Mimosa VLV en dien as voorsitter en sameroeper van Sirkel Kalahari. Sy bekwaam haar as beoordelaar in 1978 en is tot 2020 steeds betrokke beoordeling van gebak en gebottel. Na haar man se dood verhuis sy na Vryburg waar sy nog gereeld vergaderings bywoon. Sy sal onthou word vir haar besondere humorsin, by vergaderings en konferensies het sy altyd ‘n paar kwinkslae voorgelees. Ons eer haar vir die groot liefde, kennis en ywer wat sy aan die Sirkel betoon het. ‘n Ware steunpilaar wat ‘n merk op almal se lewens gelaat het. Haar ondervinding en kennis gaan ‘n groot leemte laat.
Doris Linde 30 Oktober 1933 – 20 Augustus 2020
Leave A Comment