Sirkel:   Worcester

Tak:  Robertson

Portefeulje:  Gesondheid –  Tina  Van  Schalkwyk

Beriggewer:  Sunette  De  Villiers

Datum:  27  Augustus 2020

 

Na die 4½ maande van “lockdown” het Robertson besluit om met al die nodige voorsorgmaatreëls weer vergadering te hou. Die vergadering is by ‘n lid aan huis gehou en 11 lede was teenwoordig.

Ons het die plaaslike Hospice genooi en Priscilla Cloete en Myrtle le Roux het ons kom vertel van die nuwe Breede Gardens, vir mense met Demensia wat hulle begin in Ashton. Daar is plek vir 9 pasiënte. Persone kan een of 2 ‘n kamer deel.  Hulle het ‘n geregistreerde verpleegster vir elke 3 persone.  Fisioterapeute en dieetkundiges kom op gereelde tye in om pasiënte te help.

Die pasiënte kan help met die dagtake as hulle nog belangstel bv. groente skil, wasgoed opvou en bak en brou.  Hulle probeer om ‘n huislike atmosfeer te skep. Daar is ‘n groot sit- en eetkamer met televisie en wifi en ‘n heerlike sonstoep. Die huis het ‘n pragtige tuin waar die pasiënte kan gaan stap.

Feedem sorg vir goeie etes, tee en koffie.  Families mag hulle gereeld besoek. Breederivier Hospice bied al 20 jaar sorg aan terminaal pasiënte en versorging na groot operasies waar daar nie sorg by die huis is nie. BRAM Care op Ashton is ook ‘n huis waar pasiënte versorg word vir ‘n tydperk.  Hulle beskik oor 14 beddens. Hulle is met KUSASSA geakrediteer en het 5 ster status.

Hulle het ook Breede Care begin vir tuisversorging met opgeleide “carers”. Priscilla is verantwoordelik vir fondsinsameling. Dit was hierdie jaar baie moeilik.

Ons oorhandig vroetelvoorskote en -komberse aan hulle vir die nuwe Breede Gardens.

Van links na regs: Myrtle le Roux – hoof Breede Gardens ,Priscilla Cloete- Fondsinsamelaar v Hospice,
Tina van Schalkwyk – Gesondheid saamroeper en Sunette de Villiers – Sirkelpresident .

Tillie vertel ons meer van kaviaar en demonstreer hoe om “kamma“ kaviaar te maak. Wanneer mens aan kaviaar dink kan jy nie anders as om aan  “viseiers” te dink nie, maar sommer nie enige vis se eiers nie. ’n Vis bekend as “Sturgeon” of in Afrikaans bekend as die “steiervis” het al voorgekom in die dinousaurus tydperk. Hierdie visspesie kom hoofsaaklik voor in die Swartsee, Kaspiese see en in die Noord Atlantiese oseaan, asook in streke van Noord Amerika.

Daar is 27 verskillende spesies ,waarvan 18 op die rooilys van bedreigde vis spesies verskyn. Groot aquadamme word gebruik om met hierdie vis te teel. Die wyfie kan eers op ouderdom 7 jaar eiers, kaviaar produseer.  Die vis moet ongelukkig dood gemaak word om die eiers wat in ‘n sak is, versigtig met die hand te oes, maar niks van die vis gaan verlore nie, aangesien alles verwerk word. Kaviaar namaaksel byname “seaweed caviar” is te koop @ R64 per kg. Kamma kaviaar – Net die ryk en vermoënde mense kan die werklike kaviaar bekostig.

Gelukkig is daar kreatiewe chefs wat daaraan gedink het om kamma kaviaar te maak, ook bekend as “Gazpacho”.

Kamma kaviaar

Die volgende word benodig om Kamma Kaviaar te maak. Kookolie (yskoud), gelatienpoeier, voedselkleursel, jellie, vrugtesap (onverdun), Teesiffie, glasbakkies, druppers en handdoekpapier. Jellie word aangemaak met ½kop kookwater. Trek op in ‘n drupper en drup druppels in yskoue kookolie, die korrels sak af in die kookolie. Gooi kookolie dan deur siffie en spoel korrels af met koue water.  Gebruik om voor te sit saam met voorgereg. Swart kaviaar:  ½ kop koue water, 3 tel gelatien, sout na smaak, swart koekkleursel. Mikrogolf als tesame.  Word bedien saam met visgeregte. Vrugtesap kaviaar  word saam met nagereg voorgesit en Balsamiese asyn korrels saam met slaai.

 

 

 

 

 

 

 

 

.