Sirkel: Middelland
Tak: Alexandria
Portefeulje: Landbou en Tuinbou
Beriggewer: Margaretha Smit
Datum van gebeurlikheid: 20 Augustus 2020
So saam met die yskoue weer het Alexandria Tak se Landbou en Tuinbou dames ‘n virtuele-vergadering-video aan lede uitgestuur. Linda Putzier, sameroeper van Landbou en Tuinbou open met die voorlees van die pragtige Psalm van ‘n vrou. Die volgende skakel kan gevolg word om die video te kyk:
https://www.youtube.com/watch?v=b7o1u_gKQ5w
Die video werp lig op die bamboesplaas in Bathurst wat die voortou geneem het met kommersiële bamboesproduksie. Bamboes is ‘n volhoubare bron met wye en veelsydige aanwendings. Bamboes is die grootste lid van die grasfamilie met meer as 200 spesies wat in tropiese en subtropiese dele van die wêreld groei. Dit word in rye van 5m x 5m geplant en word tot 20m hoog.
Bamboes word gebruik in eco-vriendelike vervaardiging van kos en kombuisgereedskap, in en om die huis in byvoorbeeld meubels, matrasse, boumateriaal, blinders en mandjies. Dit is ook ‘n volhoubare vesel en word in verskeie materiale gebruik. Bamboes word ook in musiekinstrumente, skoonheidsindustrie en vele meer aangewend.
John Muir se woorde: “In every walk with nature one receives far more than he seeks.’’ is baie toepaslik vir hierdie natuurlike bron wat bamboes ons bied.
Leave A Comment