Sirkel : Weskus

Tak: Eendekuil

Portefeulje: Openbare Sake

Beriggewer: Lydia le Roux

Datum: Begindatum  20 Mei 2020 tot hede

 

Eendekuil VLV het onder leiding van ons voorsitter, Marié Grobbelaar, met ‘n uitreik-projek begin om sopmengsels te voorsien aan mense wat hul inkomste verloor het en geen toelaes kry nie, asook ons bejaardes.  Ons het die NG Kerk se Vrouediens uitgenooi om die projek saam met ons aan te pak.

 

Elke lid wat wil, vul flesse of houers met die sopmengsel en lewer dit af by die pastorie in die dorp.  Die grootmaat bestanddele word by die kerksaal verpak.  Ons NG-Kerk predikant, ds. Gert Kok, het gevra dat ons die projek “Kruike van Hoop” noem.  Marié het ‘n kaartjie met bemoedigende boodskappe en die resep opgestel.  Dit is deur nog ‘n VLV-lid, Antoinette Kok, gedruk en gelamineer.  Ons versprei dit een keer per maand aan die ouderlings- en diakensvrouens van die die VG Kerk en hulle versprei dit in die gemeenskap waar nodig.

 

Ons is reeds byna 3 maande besig met die projek, en sal hopelik daarmee volhou vir so lank as wat die nood voortduur.

 

Op 29 Julie het Marié hierdie berekening gedoen:  “Ons het sover 243 kruike versprei wat ‘n maaltyd vir 7 – 8 mense voorsien.  Dit beteken rofweg dat 1 704 mense al van die sopmengsels geëet het.  Ons is so oneindig dankbaar dat ons dit kon doen.  Baie dankie vir elkeen se bydrae.”

Dames van die dorp, Alida Treurnicht, Johanna Rossouw, Antoinette Kok, en ds. Gert Kok met die eerste bydraes, gereed om versprei te word.

 

 

 

 

 

 

 

 

 

 

Elke kruik van hoop word vergesel met die resep en woorde van hoop.

 

 

 

 

Van links is Alida Treurnicht, Marié Grobbelaar (Voorsitter van VLV), Polla Karools, Johanna Rossouw, Hester Farao, Sandra Vorster, Magaretha Stoup, Antoinette Kok

 

            Blydskap en waardering om sopmengsels te ontvang

 

 

 

 

 

 

Die skenkings word van ‘n etiket voorsien en gereed gemaak vir uitdeel

 

 

 

 

 

 

 

 

 

 

 

 

Renielde Engelbrecht, voorsitter van Vrouediens, Marié Grobbelaar Voorsitter van Eendekuil VLV en Alicia Karools van die VG kerk