Sirkel: Overberg
Tak: Gansbaai
Studierigting: Leefstyl
Beriggewer: Marianna Mostert
Datum: 17 Julie 2020
- Agtergrond oor “Monkey Survey”: Deelname aan Virtuele VLV Gansbaai Vergadering
VLV Gansbaai Bestuur het besluit om, voordat hulle oorgaan tot ‘n Virtuele Vergadering, die lede te nader om vas te stel of hulle sal deelneem aan ‘n Virtuele Vergadering en of hulle die nodige middele tot hulle beskikking het om deel te vorm van so ‘n vergadering.
Daar is toe ‘n elektroniese opname gemaak deur die applikasie “MonkeySurvey” te gebruik op “Whatsapp.”
48 van ons 58 lede het elektronies die opname ontvang. Die ander 10 lede kon nie elektronies bereik word nie. 82.76% van ons lede het dus deelgeneem aan die opname en uit die 48 lede het ons ‘n 100% deelname gehad. Die resultaat van die opname is vervat in die een dokument aangeheg.
Daar is toe ‘n besluit geneem dat ons wel ‘n Virtuele Vergadering sal hou en dat die medium “ZOOM” gebruik sal word. Baie opleiding het plaasgevind in die weke wat gevolg het en daarvoor het ons ‘n dokument saamgestel wat dan ook riglyne aan ons tak verskaf het oor “ZOOM” vergaderings en ook om die reëls wat daarmee saam gaan met ons lede te deel. Leefstyl het toe die beplanning van die vergadering gedoen en op 7 Julie 2020 het die eerste Virtuele Vergadering toe plaasgevind
- Alhoewel “ZOOM” ‘n video maak van die vergadering is die video te groot om elektronies te versprei, maar ons het besluit dat ons graag al ons lede wil bereik en daarom is daar ‘n apparte video gemaak wat dan direk na die vergadering uitgestuur is op “Whatsapp”na die lede en ook geplaas is op VLV Gansbaai en Sirkel Overberg se “Facebook” blaaie.
Leave A Comment