Sirkel: SWD
Tak: Klein-Brakrivier
Beriggewer: Lydie Terblanche
Datum: 20 Julie 2020
VROUENS KAN NOOIT STILSIT NIE
Junie en Julie 2020 in Kleinbrak is dit steeds winter, steeds inperkings en sosiale distansiëring. Die dra van maskers is verpligtend, daar is aandklok regulasies deur die nag en vroeë oggendure en weereens mag niemand ‘n glasie wyn geniet nie. Die geliefde aktrise Elize Cawood is een van baie wat oorlede is. Daar was ook die langste nag en die kortste dag, Mandela-dag en groen strikke vir bewusmaking van plaasmoorde.
Gedurende hierdie tye is Kleinbrak-tak bevoorreg om Lynette Nel en Ria van Straaten as bestuurslede te hê. Ria inspireer maandeliks tak lede met haar pragfoto’s, wenke vir beter selfoonfoto’s, asook riglyne vir onder meer, waterverf tegnieke.
Lynette, ‘n vrou wat self nooit kan stilsit nie, lewer maand vir maand ‘n uitstaande bydrae in die gemeenskap. Tans in isolasie, is sy besig met komberse en kussings vir Mosselbaai Diere Beskermings Vereeniging.
Lede samel ook steeds fluks proppies in vir herwinning (“Plastiek ons Vyand”-projek).
Juliemaand se verjaarsdagwense gaan aan Miens, Rosemarie, Lynette en Charlotte – lekker verjaar!
VLV lede deel sakke uit – Ria van Straaten
Foto’s van Ria van Straaten
Leave A Comment