Sirkel: Kaapstad
Tak: Strand
Portefeulje: Openbare Sake
Korrespondent: Erna de Waal
Datum: 28 Julie 2020
Wie van ons ken nie die lied “What a Wonderful World” nie. Ons het dit met oorgawe en oortuiging gesing. Vandag, dag 125 van grendeltyd, verlang ons na hierdie wonderlike wêreld waaroor ons gesing het. Ons verlang veral na sosiale interaksie. Nou moet ons leer van Zoom en Google Conference Calls om te kuier met ons kinders, kleinkinders en vriende. Die wonderlike wêreld van tegnologie het vir ons ‘n reddings boei uitgegooi – iets waarsonder ons totaal afgesonder sou wees, veral van ons familielede in die buiteland. Ons verlang na pieknieks in die natuur, mense drukkies gee, lekker geselsies rondom die teepot of die braaivleisvuur. Die pandemie het ons wêreld op sy kop gekeer en ons weet ons moet sin hieruit maak en aanbeweeg met wat tot ons beskikking is. Ons moes leer buite die boks dink. As VLV lede mis ons ons byeenkomste (ons Tak het op 17 Maart laas vergader), ons VLV vriendinne en saamwerk aan projekte. Intussen doen ons wat ons kán, waar ons mág.
Strand Tak Bestuur dra hulle maskers. Hulle is kloksgewys van bo in die middel: Mariaan Herbert; Erna de Waal; Gail Buys; Hester Jordaan; Bets Basson; Susan Alberts; Hilary Nepgen; Irene Myburgh. In die middel: Leta du Preez
Op 18 Julie 2020, Madibadag, het lede van Strand Tak ‘n gedeelte van die plaaslike strand gaan opruim, nl. plastiek versamel wat deur morsjorse daar gelaat is. Dit was ons bydrae vir 67 minute vir Madiba. En plastiek bly ons vyand en ‘n bedreiging vir die see en alles wat daarin woon. In dié geval moet nog baie opvoedingswerk gedoen word.
Leta du Preez (Voorsitter) besig om rommel, veral plastiek, op die strand op te tel.
‘n Besige VLV lid hard besig om plastiek en ander gemors op die strand op te tel.
‘n Paar dinge was opvallend: Weens die hewige reën van die afgelope tyd, was baie riviere voller en het daar baie weggooi babadoeke, stukkende klere, skoene, sokkies en huishoudelike artikels in die see beland wat ‘n groot probleem skep vir ons seediere. Polistireen voedselhouers, glasbottels, plastiese bottels, koeldrankblikkies, plastiese en polistireen “glase”, foelie en plastiese sakke verdring mekaar in die see en lê gestrooi op die strand saam met strooitjies, proppe van bottels en die aluminium ringetjies van die blikkies. Ons dink hier aan die onlangse berig van die seeskilpad wat gevrek het as gevolg van plastiek in sy maag. Dít ten spyte van rommelhouers op verskeie plekke! Heelwat sakke vol rommel is versamel wat die betrokke stuk strand pragtig gelaat het. Dis hartseer om te weet dat die rommel maar weer op die strand gestrooi gaan word en in die see gaan beland.
Die Strand se strande is alte dikwels vol rommel deur morsjorse agtergelaat ten spyte van vullisblikke wat oral op strategiese plekke opgerig is.
Só lyk ‘n skoon strand!
Vir die bewusmaking van plaasmoorde het heelwat lede hulle groen linte laat wapper in solidariteit met die beleërde boeregemeenskap wat hard getref is deur Covid-19 onder hulle werkers asook plaasmoorde. Behalwe vir die sinnelose moorde op die mense wat vir ons kos op die tafel moet sit, voer baie van die kleiner boere ‘n sukkel bestaan en moet hulle van bydraes van mede-boere en die gemeenskappe waarin hulle boer, lewe. Wanneer ‘n boer vermoor word, is hulle werkers dikwels dan skielik sonder inkomste wat hongersnood tot gevolg het – selfs sterftes. Ons groen linte het gesê: Ons sien julle swaarkry raak, ons sien hoe julle vermoor word en ons bid vir julle. Ons bid ook dat ons Regering spoedig en dringend baie meer aandag aan hierdie uiters ontstellende toestand sal gee.
‘n Groen lint in Erna de Waal se voortuin om aandag te vestig op plaasmoorde.
Heelwat voordeure het hulle groen linte ten toon gestel.
Ons wens die boere kon al die groen linte in tuine en aan deure sien om te demonstreer dat ons simpatiseer met die plaasboere en geskok is oor die gruwelike plaasmoorde.
As gelowiges bid ons voortdurend tot Hom, die Heerser oor die groot heelal, vir ‘n einde aan die Covid-19 tragedie, ‘n einde aan die uitwissing van mense – ook VLV lede – en ‘n einde aan ons inperking. Intussen sal ons Hande was, Ontsmet en ons Maskers dra.
Vir diegene wat die wysie van What a Wonderful World ken, sluit ek die “nuwe” weergawe in. Sing dit gerus.
I see smart phone screens
Zoom calls too
I can’t take anymore
I don’t know about you –
And I think to myself,
I miss that wonderful world.
When the world was free
and old folk walked for miles
As people passed you could see them smile
And I said to myself
That was a wonderful world.
When outdoor exercising was more than just a wish
And hand sanitising was something for the rich
Now there’s folks losing jobs,
watching loved ones pass away.
If only we could get a hug
to get through the day.
As the months go by
and our strength doesn’t last
Don’t get you down ‘cause this too shall pass
and we’ll go back into a new wonderful world
Yes, we’ll go back into
A new Wonderful World
Leave A Comment