Sirkel: Overberg

Tak: Bredasdorp

Beriggewer: Letty-Ann Möller

Datum: 18Julie 2020

 

Kolwyntjies vir die inwoners en personeel van ons ouetehuise.

 

Versierde kolwyntjies het by die honderd(e) ingekom, gelamineerde kaartjies is gedruk en kontant donasies vir die aankoop van bak-en versierbestanddele is mildelik inbetaal.  VLV Bredasdorp-tak het in die verlede plaaslike ouetehuise bederf as deel van Mandela-dagviering.  Hierdie jaar was daar ander aksente by: ondersteuning van bejaardes in isolasie a g v Covid-19 en ‘n groen strikkie vir die bewusmaking van die stygende statistieke van plaasmoorde.

Bejaardesorgpersoneel en bejaardes sélf het vele boodskappies gestuur van opregte dankbaarheid vir die kolwyntjie en die gedagte daaragter en vir die “groot gebaar” van meelewing en omgee op Mandela dag.

‘n  Ander bejaarde laat weet, “…dit het my sommer baie opgebeur!”

Menige van hierdie bejaardes is of was lid van die VLV soos af te lei van hierdie slotopmerking.

“Dit beteken vir ons so baie om te weet ander dink aan jou, want om vir 4 maande ingeperk te wees en nêrens te mag gaan nie, of familie of vriende te ontvang nie, is nogal ń groot aanpassing!   Waardeer almal se harde werk en omgee! Is trots op ons VLV!”

 

Kleurvolle boodskap met teksverwysing.

 

Annette van Eeden,voorsitter van VLV Bredasdorp tak, se inisiatief.