Sirkel: Overberg

Tak: Bredasdorp

Studierigting: Kunste en Handvlyt

Beriggewer: Letty-Ann Möller

Datum: 7 Julie2020

 

Art and Beauty during Lockdown

Carene Cooper se Kuns-en Handvlyt-vergadering op internasionale sjokoladedag het VLV-lede verras.  Brownies is deur dié VLV-groep per hand by elkeen se huis afgegee, kunsstudio’s is besoek, demonstrasies is gesien, wenke en wyshede is gedeel en ‘n horlosiemaker het ‘n hartroerende sangitem gelewer.   7 Julie 2020 se vergadering het ‘n impak op Bredasdorp VLV-tak gemaak.

 

Die eerste video inset was Elize Robbertze se sielvolle voorlesing uit die eerste brief van Jakobus.

“As een van julle wysheid kortkom moet hy dit van God bid en Hy sal dit aan jou gee want God gee sonder voorbehoud en sonder verwyt.” Jak 1:5

 

Daarna het Carene almal verwelkom met “ons het ‘n soort van potpourri vergadering want daar is iets van alles.”  Annette van Eeden, takvoorsitter, het lief en leed gedeel en herinner aan die leefstylitems vir volgende jaar se konferensie.  Letty-Ann Möller en Anna-Marie Groenewald het demonstrasies hieroor gedoen.  Google ook: Get started with Lino printing.

 

Die “walk through” deur verskeie kunswerkswinkels sluit in Madeleine’s Pottery, Yvonne se privaat kunsversameling van foto’s en juweliersware en Damian Stone se juweliersontwerpe.

 

Mari Bezuidenhout, het haar gedagtes oor “Huppel of Kruppel” gedeel. Sien https://youtu.be/egqfvJYxEwE.

 

Kunstige glasborde wat Sarie Mommsen geskep het, is opgeveil en die wenners was Lorraine du Toit, Ina Odendaal, Tannie Jossie Swart en Annette van Eeden.

 

Skoonmaakwenke wat deur Sarie Mommsen en Almare Scholtz gedeel is:

*Was rottangmeubels skoon met seepwater en daarna met soutwater en maak goed droog in die son.

*Vee roesvlekke op chroommeubels weg met verfrommelde tinfoelie.

*Smeer Bloekomolie op ‘n wit lappie, vee dit oor olie-, ghries- en vetvlekke en was dadelik.

 

Koswenk van Suzet Neethling: Gooi ‘n bietjie suiker onder in die bak waarin jy kaas stoor. Dit keer dat kaas muf.

Allerlei ander wenke, oa van Adel Dreyer oor ons viervoetige kinders, is in ‘n aanbieding gedeel, maar hierdie wenke oor ‘the wonderful and weird uses of slow cookers’ wat Carene Cooper gedeel het, is besonders.

Berei dit voor en laat staan oornag op LOW in die prutpot. Roer dit net weer deur vir die volgende oggend se ontbyt.

Hou worsies warm. Laat dit regop staan met die deksel op.

Kook aartappels. Draai aartappels toe in foelie (jy kan dit eers sout en peper). Bak vir 2 en ‘n half uur op HIGH met deksel op.

Kook mielies. Soos aartappels maar so 2 ure lank.

Lugverfrisser/potpourri. Los kruie in water op en sit prutpot – sonder deksel- op HIGH. Kruie kan bv kaneel of naeltjies wees en skyfies lemoen ea geurige vrugte (nie piesangs nie).

Rol klam handdoeke op en sit in prutpot op LOW vir skoonheidsbehandeling.

Verdryf slegte reuke van ‘n bedompige strandhuis voor die vakansie kan begin. Vul prutpot halfpad met water en roer 1 koppie koeksoda in. Kook oornag (of langer!) op HIGH.

Vul prutpot driekwart met warm water, kook op HIGH vir ongeveer 20 minute en laat stoom ontsnap.

 

Laaste, maar beslis nie die minste nie, het Lonelda Taljaard van Suidpunt Horlosies, Jannie du Toit se Gebed so mooi gesing dat ons voel sy moet ‘n CD maak!

 

 

 

 

 

 

 

 

 

 

Linosnee,”dis amper soos houtsnee”-Anna-Marie Groenewald.

 

 

 

 

 

 

 

 

 

 

 

 

 

 

 

 

 

 

 

“Tel die steke op en brei ‘n deurlopende stewige ry vir netjiese afwerking van babakombersie.”

 

 

 

 

 

 

 

Prutpotwenke-Carene Cooper.

 

 

 

 

 

 

 

 

 

Brownies vir internasionale sjokoladedag.”Ons mag vandag!”-Carene Cooper.

 

 

 

 

 

 

 

 

 

 

 

 

Ontwerpe van Damian Stone